Dreigemente teenoor joernalis duur voort

Karima Brown.

Die joernalis Karima Brown het Vrydag gesê sy is besig met voorbereiding om die EFF voor die verkiesingshof te daag aangesien die party se ondersteuners voortgaan om haar te dreig en verbaal te mishandel.

“Ek het tot vanoggend nog dreigemente ontvang,” het Brown gesê.

Sy het met haar regspan vergader om ʼn saak teen die EFF aanhangig te maak omdat sy meen die party het die verkiesingsgedragskode oortree nadat Julius Malema haar vandeesweek daarvan beskuldig het dat sy ʼn spioen vir die ANC is. Malema het ook Brown se selfoonnommer gepubliseer en EFF-ondersteuners het summier begin om haar te teister.

“Jy kan maar harder probeer met jou propaganda, dit sal nie werk nie jou ‘spioen’. Ons is gereed vir jou en jou mense. Julius Malema sal die president van hierdie land wees. As jy aanval om te verwoes [sic] moet jy dieselfde verwag of erger,” lui een boodskap.

ʼn Ander lui: “Gaan hang jouself”. Nog een van ʼn nommer in die Verenigde Koningryk lees: “Ons sal vir Juju sterf of ons sal moor vir hom.”

Brown is selfs met verkragting gedreig. Sy het sedertdien ʼn klag van intimidasie by die polisie aanhangig gemaak.

Die aanval op Brown het begin nadat Malema haar op Twitter daarvan beskuldig het dat sy “spioene” na ʼn veldtogvergadering gestuur het wat die EFF met sy “oudstes” in Ekurhuleni se Wyk 6 gehou het. Brown wou inligting oor die geleentheid na kollegas by eNCA stuur, maar het dit per ongeluk na die EFF se WhatsApp-groep gestuur. Malema het toe haar selfoonnommer gepubliseer.

Die verkiesingskode verbied politieke partye om enige taal te gebruik wat geweld kan aanhits en verplig partye om die rol van die media in aanloop en gedurende die verkiesing te respekteer. Indien partye dié kode oortree, kan hulle hul registrasie vir die verkiesing kwyt wees.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) het die EFF se gedrag ten sterkste veroordeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Afrikaner ·

DIT is nou tot waar ons in die land gevorder het, en die individu is blootgestel soos nog nooit tevore in die geskiedenis nie. Stadig moet die proses en die reg sy gang gaan, voor daar ‘n moontlikheid is dat geregtigheid eendag sal geskied.

Piet parys ·

Little malema moet maar pasop dit wat jy ander toe wens gebeur met jou as dit backfire

Afrikaner ·

Ek lees in die dae dat al die sake wat teen Julius in 2018 by die MRK aanhanging gemaak is, is almal koud.

So waar is ons werklik in die land betreffende die owerhede se ernstigheid om orde te bring, kyk na al die ondersoeke wat vir jare aan die gang is, ook wat afgehandel is, die OB se bevindings, en hoeveel mense sit as gevolg daarvan in die tronk?

lewies ·

Baie sterkte Karima, jy is ‘n dapper mens en jy hanteer jou programme op 702 na 20:00 soos ‘n mens met integriteit. Die waarheid sal seevier, soos dit ook op jou program op radio gebeur!!

Manie ·

Wat n grap. Die groot nar sou ook vir Zuma gesterf het. Hoe nader sy sterf datum gekom het hoe verder het hy weggehardloop van Zuma

ANA ·

Hy gáán nog president word, van SA,jaa!
Lag maar,watch this space!
ÁLMAL is bang vir hom en sy party!
Hý kan maak en breek NES HÝ LEKKERKRY hy kom absoluut niks oor!
Die hele ANC vrees hom asook die polisie en howe!
En hy weet dit en hy buit dit uit!
Sy LPs kom niks oor as hulle polisie deur die gesig klap of fotograwe aanrand!

HPV ·

Nee ANA, ek glo nie die nar sal ooit president word nie, daar is nie soveel afbrekers en destruktiewe mense in die land wat hom daar kan plaas nie. Lag gaan ons egter nog lank vir 6% malema en sy rooipak narre.

Sanet ·

Jammer om te sê…die EFF is onaantasbaar jy mors jou geld en jou tyd,my ou sussa

Hannes ·

Ek gaan my beslis nie aan die slaap huil oor Karima se dilemma nie. Sy is immers n ANC ondersteuner. Sy moet maar vir haar kry.

+ ·

Hannes een van die min lede wat nie skroon om partylede in die bek te ruk as dit nodig is. Doen jou self die guns en skakel op Maandag tot Donderdag in op 702 na 8 uur op haar program. Daar sal jy haar leer ken as n eerlike mens Ek wens soms dat ek haar surf gehad het. She will over come!!!

Bobby ·

Juju is dalk reg. Dalk is Brown n ANC spioen. Hoekom nie. Sy was nog altyd ver regs.

Dries du Toit ·

Verstaan nie lekker nie. Wat soek sy op die EFF se WhatsApp groep ???

John ·

Daar is bitter min joernaliste wat nie “meningsvormers” is nie, agente met agendas!
Reg of verkeerd – dit is hoe dit is!

Jerry ·

Hierdie is n geleentheid om diverse groepe te verenig teen die EFF. Komaan DA en VF vorm n koalisie vir die saak en klim in en ondersteun haar in die saak. Hier gaan dit nie oor die ANC nie. Dit gaan oor n persoon wat op n lafhartige en onmenslike wyse getreiter word en dit kan met enige persoon van enige party gebeur. Ondersteun haar nou en maak een helse groot storie hiervan sodat indien dit weer sou gebeur met enige persoon van watter party ookal, mense van alle partye sal saamstaan daarteen!

Hettie ·

Jy mors jou tyd ,hy sal niks oorkom nie !
Hy is kroonwild in hierdie land en weet dit ! Niemand anders sal dit waag om te sê en doen wat hy doen nie.

Jerry ·

Mense met selfrespek sal n medemens in nood help en ondersteun, want so help jy jouself ook. Komaan DA, VF, Cope, ACDP ens. staan saam met Karima op teen die lafhartiges. Deur Karima te help, help julle duisende ander medemense en deur Karima se guns en vertroue te wen, wen julle die vertroue en guns van duisende ander. “Its time”!

Skroef ·

Maar sal dit nie n lekker dag wees as die spul hulle registrasie kwyt is nie? Komaan COPE, VD+ & DA. steun haar in die saak.

Dries du Toit ·

Neeee hulle verdeel op die oomblik die ANC. Ek sal nie verbaas wees as hierdie n ANC plan is om van Malema ontslae te raak met die verkiesing nie. Hy moet staan in die verkiesing. Ons moet in elkgeval ons vyande kan sien en tel

Trol ·

Ou juju was te lank die knapie wat tussen die magtige manne van die anc rondgehang het. Hulle het nooit besef die ornamente teen sy kop was ore nie. Hy ken te veel geheime daarom kom hy weg met alles. Kry n goeie sangoma wat ou juju soos n kanarie kan laat sing.

Oud Rhodie ·

Daar is nie `n kans dat hulle die EFF sal deregistreer nie – hoe verdiend ookal. Dit sal lei tot oproer soos nog nooit gesien nie en die SAPS/SANW sal dit nie kan stop nie. Erger nog – die Regering weet dit.

Vra net ·

Interessant on te sien hoeveel ” kommentators” meen daar sal niks gebeur / van kom nie. Die kanse is baie groot dat jul reg is, maar is dit nie een van die probleme in ons land nie? Ons besluit vooraf daar gaan niks van kom nie en doen dan niks. Om stil te bly/passief te wees, beteken indirek dat jy saamstem. Ondersteun eerder diegene wat wel die moed het om op te staan vir wat reg is. Dit is wel betreurenswaardig dat dit so lank meen om sekere persone in die bek te ruk, maar soms is dit goed as die wiel stadig draai.

Lourens ·

Het ons dan nie n verkiesings kommisie nie????? EFF EN BLF moes al geskors gewees het.

Jerry ·

Oud Rhodie, hoe gouer die EFF getoets word en ontbloot word vir die lafaards wat hulle is, hoe beter, want onthou daar word doelbewus nie teen hulle opgetree nie en dit laat hulle onaantasbaar lyk en voel. In gevalle waar daar wel opgetree was het hulle mekaar vertrap om te probeer vlug. Die EFF is lafhartig en voer n idee oorlog en die meerderheid EFF ondersteuners is mense wat van nature bang is, onopgevoed, arm, maer, sieklik en lewe in haglike omstandighede omrede hulle nie van beter weet nie. Hulle kan net dapper raak wanneer daar nie teen hulle opgetree word nie en wanneer hulle in n groot groep is, want dan is hulle identiteits en gesigloos. Hulle word deur die EFF vergoed deur die EFF wat aksies reel waar die mense kan plunder sonder dat die SAPS optree. Dit is al hoe hulle n bestaan kan maak. Hulle gooi klippe en brand net totdat daar terug gegooi word of n paar skote klap. Tien SAPD lede gooi twee stun grenades en skiet n paar rubber bullets op n oproerige EFF skare van ses honderd wie soos vlermuise skarrel en mekaar vertrap soos hulle vlug en soos mis voor die son verdwyn. Hulle is nie weer gesien nie, want hulle hardloop nog steeds! Die EFF is nie die bedreiging nie, dit is die SAPD wat doelbewus nie optree nie wat die bedreiging is! Ontbloot die politieke inmenging by die SAPD en n nuwe blik wurms peul uit!

leser ·

@lourens
dit lyk my die verkiesingskommisie is net sooo bang vir julie-ass en blaf-blaf as wat die polisie is

m.d.r. ·

Ongeag wat hierdie dame geskryf het, en of sy ANC is…..die feit is dat sy ‘n joernalis is en wat sy geskryf het staan sekeres nie aan nie…
Die situasie herinner my aan my Matriek geskiedenis Onnie wat die volgende oor koerantskrywers gese het..:
“Die pen is wel magtiger as die swaard…maar hy wat die mag an die pen misbruik, sal eindelik in die mag van die swaard vaskyk..”
Dit lyk of die misbruik van die pen hier voor die swaard gaan kom..!

Msp ·

Groot probleem is dis die media wat vir malema gebring het waar hy nou is. Hulle hardloop agter hom aan en versprei al sy bose planne. As die media “NIKS” van hom sê nie sal sy gewildheid begin afneem. Maar nou ja, as die media nie wil luister nie sal Suid Afrika uiteindelik tot nuut gaan.

marous ·

Hulle kom reeds met moord weg . Daar sal niks van kom nie want tot die land se hoofman se broek bewe as hy aan hulle dink .

Sinies ·

Die monstertjie waarteen ons julle gewaarsku het, is besig om teen sy makers (ook) te draai.
.
Julle was baie slim.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.