Dreigende staking kan tot nog afleggings in staalbedryf lei

Argieffoto (Foto: MEIBC, Facebook)

Die vakbond Solidariteit het vandag sy kommer uitgespreek oor die dreigende staking in die staalbedryf. Die vakbond het voorts gewaarsku dat ʼn staking in die bedryf nie net ʼn geweldige negatiewe impak op sowel die plaaslike staalbedryf en die land se ekonomie sal hê nie, maar ook op werksgeleenthede in die bedryf.

Dit volg nadat die South African Federation of Trade Unions (SAFTU) vroeër sy steun aan die National Union of Metalworkers of South Africa (NUMSA) oor NUMSA se beplande stakingsaksie in die bedryf toegesê het.
Volgens Marius Croucamp, adjunkhoofsekretaris van Solidariteit se metaal- en ingenieursbedryf, is die dreigende staking ʼn gevolg van werkgewers en die vakbonde se gebrek om ʼn poging aan te wend om ʼn oplossing vir die loongeskil te vind.

“Solidariteit het vroeër sy bereidwilligheid uitgespreek om in bilaterale gesprekke met werkgewerorganisasies te tree maar slegs ʼn handjievol van die organisasies het bereidwilligheid getoon om verder te onderhandel,” het Croucamp verduidelik.

Intussen het Solidariteit ʼn afleggingskennisgewing van die Macsteel-groep ontvang waarin gemeld word dat die groep beoog om sy arbeidsmag met sowat 310 poste te verminder.

Volgens Croucamp kan die voortslepende krisis rakende die loononderhandelinge in die bedryf tot nog afleggings lei. “Daar sal dringend opgetree moet word om te verseker dat soveel as moontlike werksgeleenthede in die bedryf behoue bly. Ons is bevrees dat ʼn langdurige staking die teenoorgestelde uitwerking tot gevolg sal hê,” het Croucamp gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Ramkar ·

Uit elke 100 stakers gaan 40 hoër lone kry.
Die res gaan afgelê word weens “ekonomiese” omstandighede.

Chris Ws ·

“n Familielid van my werk in ‘n vervaardigings fabriek wat staal komponente vervaardig.2 jaar gelede het hul swart arbeiders vir 2 weke gestaak.Die blankes base ingesluit het die vervaardiging voortgesit en baie beter produktiwieteit behaal met baie minder mense.Die uiteinde?Na die staking tot ‘n einde gekom het ,is 50% van die werkers wat gestaak het ontslaan terwyl die unie nie naastenby gekry het waarvoor gestaak is nie.Dis nie die moeite werd om te staak nie!

Aanpas ·

Ek het in die vroee jare ook in n staalfabriek gewerk en ek was bly dat ek kon werk en dat ek werk gehad het, gesellige kollegas .
Geen loongeskille en ook geen stakings en elke einde van die maand as ons salaris uitbetaal word en die huishoudelike uitgawes is iets meer dan verwag dan pas ons aan.
Omgaan met die omstandighede waarin jy verkeer en pas jouself daaraan aan maar nie gaan loop en staak nie.

maritza ·

Ek werk nou in die staalbedryf. Die stakings is regtig baie skrikwekkend. Ons sidder om te dink wat kan gebeur.

Eish ·

Dit is die koue, ongevoelige houdings van werkgewers en werknemers wat skrikwekkend is. Aangesien ons reeds n resessie beleef, is die staalbedryf verseker n slagoffer van negatiewe groei. Dit mag moontlik die werkgewers se onverbiddelike houding teenoor die looneise weerspieël. Daar waar met die winsgewendheid van n besigheid gewerk word, is is daar n streep in die grond getrek waaroor jy nie beweeg nie. Al sê wie wat, al “demand” die unie dat die salpeter uitslaan. Vir werkgewers dus n uitstekende geleentheid tot afleggings vanweë kostedruk. Die werkers aan die ander kant is erg verpolitiseer en onrealistiese eise word gestel uit beginsel. Weereens dankie aan Solidariteit wat die situasie korrek lees en in die beste belang van almal optree met n koelkop. Of daar geluister gaan word, is n ander saak.

Schalk ·

Ongelukkig in vandag se lewe kry werkverskaffers altyd die skuld vir mense way nie hulle eie begroting kan laat werk nie. Probeer elkeen wat vir jou werk gee wat hy of sy ongeag ras , geslag of ouderdom voel hy moet verdien en binnekort sal jy ook in die werksoek katogorie val vir jouself. Onmoontlik kan elke mens se begroting reggestel word deur sy werkgewer. Kry ‘n tweede inkomste , skaal af of pas aan.

SARIE VAN HEERDEN ·

Lanklaas het ek kommentare gelees waarmee ek omtrent met alles saamstem. Daaar is SES van hulle. Lees hulle maar almal van Ramkar tot Schalk.

CAB ·

=R40.00p/u x 15% = R46.00p/u. verhoging van R6 x 40ure x 52 Weke = R12 480 per jaar / Dan Maal die met die hoeveelheid werkers wat hulle wil afleg 310 x R12 480 = R 3 868 800.00 exstra uitgawes
Maatskappy spaar R29 660 800.00 per jaar. As dit nie nodig is vir twee receivers picker ens ens hoekom sal hulle hul dan aan hou. Numsa se vir hulle ja wat is R6? nee Numsa dit is eindlik wat is R12 480?
Minumum = R20 x 15% = R23-R20=R3 x 40ure = R120 x 52Weke R6 240 per jaar?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.