Drenkeling drie weke ná vloede gevind

Foto verskaf deur SAPD

ʼn Man wat tydens onlangse vloede in KwaZulu-Natal met sy trekker in ʼn stroom meegesleur is, se liggaam is gevind.

Isak Mahana (45) se liggaam is Woensdagoggend in Winklespruit in KwaZulu-Natal gevind, meer as drie weke ná hy die oggend van 23 April verdwyn het. Kapt. Malebo Khosana, woordvoerder van die polisie, het gesê Mahana het vermoedelik beheer verloor oor die trekker en is deur ʼn sterk stroom meegesleur weens swaar reën in die gebied.

“Beamptes van die polisie se honde-eenheid, provinsiale duikeenheid en lugvleuel het aan die soektog deelgeneem. Maha se liggaam is in ʼn veld opgespoor en hy is op die toneel dood verklaar.”

Sy naasbestaandes is in kennis gestel van sy afsterwe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johan ·

Arme man! Dit is ‘n groot tragedie vir sy gesin. Bae sterkte aan hulle…

Elsa ·

As ‘n man 3 weke gelede verdrink het, sou sy liggaam mos teen hierdie tyd erg ontbind moes wees. Dit maak nie vir my sin dat daar gesê word in die berig hy is op die toneel dood verklaar nie. Dis die eerste keer wat ek lees ‘n ontbinde lyk is op die toneel dood verklaar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.