Drie aangekeer wat vuurwapens uit polisiestasie steel

(Foto: SAPD/Facebook)

Alle vuurwapens wat Maandag uit die Petrusville-polisiestasie in die Noord-Kaap gesteel het, is teruggevind.

Lt.kol. Tebogo Thebe, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), sê ʼn multidissiplinêre span het inligting opgevolg en die verdagtes naby die R70 tussen Senekal en Rosendal aangekeer.

“Twee mans is in hegtenis geneem en ʼn R5-geweer met 27 patrone is gevind. Verdere ondersoek het die span na Marquard gelei waar nog ʼn persoon in hegtenis geneem is en twee haelgewere en ʼn Z88-pistool gevind is.”

Thebe sê die vuurwapens wat gevind is, vorm deel van ʼn arsenaal wat uit Petrusville-polisiestasie gesteel is. Die diefstal is ontdek toe ʼn nuwe span se skof begin en hulle hul oordragverslag saamgestel het.

“ʼn Interne ondersoek duur voort om die omstandighede te bepaal wat tot die nalatigheid gelei het.”

Die verdagtes sal Maandag in verskillende howe in Senekal, Petrusville en Marquard verskyn op aanklag van diefstal en die onwettige besit van vuurwapens.

Die multidissiplinêre span het bestaan uit die Valke se eenheid in die Noord-Kaap en Vrystaat wat ernstige georganiseerde misdaad ondersoek, die polisie se misdaadintelligensie-eenheid, plaaslike misdaadrekordsentrum, Phuthaditjhaba se taktiese reaksie-eenheid, die eenheid in De Aar vir openbare orde en Colesberg-hoofwegpatrollie het ʼn intelligensiegedrewe operasie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Di ·

DIT gebeur TE VEEL deesdae! Dis hoekom elke krimineel op straat ‘n vuurwapen he.
ONS lansburgers moet swoeg en sweet om net ‘n wettige vuurwapen lisiensie te bekom wat ook JARE VAT

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.