Drie afdraaipaaie uit die onteieningsdebat

landbou-mielies-pexels

Foto: Pexels/Pixabay.com

Drie lote is besig om uit die stam van die debat oor onteiening sonder vergoeding te ontstaan, en dit bied tekens van hoop vir diegene wat dit teenstaan.

Die drie opsies wat uitkristalliseer word deur onderskeidelik die EFF, die ANC en die DA verkondig.

Die EFF se voorkeur is vir onteiening sonder vergoeding, met alle grond wat oorgaan in staatsbesit en enigeen wat wil boer met ‘n spesifieke gewas of dier, sal by die staat om toestemming moet aansoek doen. As die toestemming gegee word, sal dit geld vir 25 jaar, waarna dit slegs hernieu sal word indien die boer ‘n sukses daarvan maak.

Aan die begin van die huidige onteieningsdebat in Februarie vanjaar het dit gelyk of die momentum saam met die EFF se voorstel was, maar nou lyk dinge anders.

Uit antwoorde wat hierdie week op skriftelike vrae in die parlement verskaf is deur die minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, Maite Nkoana-Mashabane, is dit duidelik dat die ANC tans briek aandraai teen die EFF se aktivisme.

In hierdie verband dien dit te meld dat daar van die begin af in die gematigde deel van die ANC weinig aptyt was vir die tipe grootskaalse onteiening sonder vergoeding wat die EFF voorstaan. Baie oortuigingswerk is ook agter die skerms gedoen deur ‘n verskeidenheid binnelandse en buitelandse rolspelers, met AgriSA wat spesifiek hard en effektief werk.

Dis moeilik om te bepaal presies wie watter suksesse behaal in hierdie verband, maar Nkoana-Mashabane se uitlatings hierdie week sal baie teenstanders van onteiening sonder vergoeding hoop gee.

Sy het verklaar dat die staat tans voortgaan om geskikte staatsgrond aan private individue te verkoop.

Dit is basies presies die teenoorgestelde van die oordrag van staatsgrond wat deur onteiening sonder vergoeding afgeneem word, aan die staat, en versterk die mening dat die ANC-regering eerder maniere wil vind om grond- en landbouhervorming vinniger, maar binne die Grondwet, te laat plaasvind as deur onteiening sonder vergoeding.

Terselfdertyd bly die regering verband tot die relatief sosialistiese ideale van die agriparke-model, wat ‘n tipe kommunale grondbesit vir klein- en bestaansboere op staatsbeheerde grond voorsien.

Die derde opsie word deur die DA aangehang, naamlik om titelaktes op groot skaal te verskaf aan klein- en bestaansboere wat op kommunale grond boer. Die idee daarmee is om groter sekerheid oor verblyfreg te verskaf, en dit minder van tradisionele leiers se voorkeure, grille en magshandelinge afhanklik te maak.

Dit sal dan aan boere op kommunale grond die geleentheid gee om groter ondernemingsgees aan die dag te lê, en die grondwaarde as sekuriteit te kan gebruik om te leen.

Die gronddebat loop tans, byna halfpad deur die proses, dié drie afdraaipaaie. Teen die einde van Augustus moet dit op ‘n aanbeveling vir parlementêre debat uitloop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Paul ·

Wat vir my in hierdie moderne tye waarin ons leef net te ongelooflik is, die mense het met vandag se tegnologie, wat inligting vinnig bekombaar maak en lande so na aan mekaar bring soos nog nooit tevore nie, die wêreld se geleentheid om uit hul kokon te beweeg en kennis op te doen. Hulle het volle geleentheid om te sien wat in die verlede nie gewerk het nie, soos bv watter ekonomiese modelle tot mislukking gedoem is, maar nog steeds kan die regte besluite nie geneem word nie.

Snowball ·

Helaas is analitiese en strategiese denke nie almal beskore nie….

Johanna Botha ·

Hoop die mense sien lig wat alles gaan inmekaar tuimel as hulle voortgaan met die dom idees ….jimmel tog besef hulle nie wat gebeur …kyk net noord en daar is jou antw …hard en duidelik ….HALLLOOOO !

Boerseun ·

Jy misken toetaal die werk van TLU and Afriforum . buitelandse druk rakende onteieing is n groot kopseer vir die ANC, veel mider as die DA se kastige gedruis. AgriSA en die DA se rol is totaal oorspeel wat die rubiek van geloof waardigheid ontneem.

Netso ·

Ek is jammer om te sê maar wie met ñ plaas het gesê dis enigsins onderhanderbaar? Hoe ry iemand taxi? Jy betaal nie, jy ry nie punt!

Interessant ·

Ek vind dit baie interessant dat die derde opsie in hierdie artikel verwys na die mense wat graag van hul tradisionele leiers se “voorkeure, grille en magshandelinge” wil ontsnap. Dit gee mos nou totaal en al ‘n ander prentjie as dit wat die heeltyd aan ons voorgehou word.

Nikita ·

Tekens van hoop? Die afdraaipaaie uit die onteieningsdebat….sien ek n piepklein liggie aan die einde van die tonnel? Klink of hulle besef hulle kan nie vere van n padda pluk nie. Ons dryf nog steeds tussen hoop en vrees!

Gerhard ·

Ag nee wat. Enige mens met meer as twee breinselle weet ten beste kan die ding tydelik gestop word. As jy enigiets anders glo moet jy ‘n sielkundige gaan sien. Afriforum/Solidariteit beter gou ‘n plan kry om ‘n Afrikanerstaat tot werklikheid te bring voor dit te laat is. Dit is en was nog altyd die ENIGSTE manier.

Lerato ·

Goed geskryfde artikel Jan Jan.

Daar is n toespraak. Max du Preez on expropriation. Wat jy op Google kan opsoek. Dit is nogal insig gewend.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.