Drie ANC-kandidate vir Jhb-burgemeesterspos

(Foto: Arnaud Jaegers/Unsplash)

Die ANC in Gauteng sê hy het drie kandidate voorgestel vir oorweging as burgemeesterskandidaat van Johannesburg.

Die ANC in die provinsie gaan nou dié drie voorstelle oorweeg, waarna sy voorkeurkeuse bekend gemaak word.

Johannesburg se nuwe burgemeester word Donderdag verkies, nadat Herman Mashaba vroeër bedank het.

Jacob Khawe, die provinsiale sekretaris van die ANC in Gauteng, het gesê die party werk sedert die plaaslike verkiesing in 2016 baie hard om weer in voeling met gemeenskappe te kom. “Ondanks die meerderheid stemme wat die ANC op hom verenig het, het ons die demokratiese proses aanvaar soos dit in die raad verloop het en wat tot ʼn koalisieregering gelei het, met die opposisie aan die spits,” het Khawe gesê.

Die ANC in Johannesburg het 45% van die stemme gewen – die grootste persentasie – en dit het die organisasie 122 setels uit 270 gegee. Uit die 135 wyke is die ANC in beheer van 85.

“Daar was ʼn pleidooi uit verskeie gemeenskappe waar mense kommer uitgespreek het oor die dalende vlakke van dienslewering deur die DA-geleide regering.”

Die ANC sê hy gaan ʼn kandidaat voorstel wat fokus op basiese dienslewering en om die munisipaliteit uit sy “ernstige finansiële krisis” te red.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

K P ·

As ek reg onthou is dit julle wat die metro afgestaan aan die koalisie met n geweldige skuldlas. Ek hoop nie julle klomp trog vreters kom weer aan bewind. Die da het ook nie veel beter gevaar om van die metro n sukses te maak.

Anti Da ·

Dis uiters swak hoe PTA en JHB agteruit gegaan het. Pretoria lyk nou al soos Lusaka.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.