Drie ANC-raadslede van uMzimkhulu in KwaZulu-Natal sterk in die hospitaal aan ná ʼn skietvoorval waarin al drie mans gewond is.
Mdumiseni Ntuli, die ANC se provinsiale woordvoerder, sê die drie mans was glo saam in ʼn winkel toe ʼn groep mans in ʼn BMW met pistole op hul losgebrand het die oomblik toe hulle uit die winkel gekom het.
Die mans het daarna weggejaag.
Ntuli sê die ANC-raadslede se toestand word deurentyd gemonitor en hulle sal afhangend van hulle herstel moontlik na ʼn ander hospitaal geskuif word.
Hy kon nie bevestig of die drie lede teruggekeer het van ʼn raads- of komiteevergadering nie.
Drie ander ANC-raadslede is vroeër vanjaar in dieselfde omgewing dood ná ʼn soortgelyke skietvoorval.
Ntuli sê die saak word deur die polisie ondersoek. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
Nou pluk die regering die vrugte daarvan dat hulle niks aan misdaad in ons land wil doen nie. Wetteloosheid, wanorde en oproerigheid is aan die orde van die dag. As hulle nie drasties hulle beleid verander nie gaan ons land binnekort onregeerbaar word en ‘n tweede Zimbabwe word.
Rerig nou Bertus? GAAN ONS LAND BINNEKORT ONREGEERBAAR WORD EN ‘N TWEEDE ZIMBABWE WORD? Nee my maat…Ons land is KLAAR ‘n tweede Zimbabwe…. Hy gaan dit nie nog word nie!
Stem saam
ANC het sy eie lat gepluk en moet besef hulle is volgende in die spervuur wat hulle het nie hulle kant gebring nie