Drie apartheidmoordenaars hoor vandag oor parool

Clive Derby-Lewis (L) en Eugene de Kock (R)

Clive Derby-Lewis (L) en Eugene de Kock (R)

Michael Masutha, minister van justisie, sal na verwagting Vrydag aankondig of die voormalige Vlakplaas-bevelvoerder Eugene de Kock, ʼn voormalige BSB-agent Ferdi Barnard, en Clive Derby Lewis op parool vrygelaat gaan word.

Derby-Lewis (79) dien tronkstraf uit vir sy aandeel in die moord op Chris Hani, sekretaris-generaal van die SAKP, op 10 April 1993. Hy het glo longkanker en het verskeie kere aansoek gedoen om mediese parool, maar dit is geweier.

De Kock het hom weens dade in die apartheidstyd die bynaam Prime Evil op die hals gehaal. Hy was ʼn polisiebeampte onder die apartheidsregering waartydens Gelnak Masilo Mama en die res van die sogenaamde “Nelspruit-vyf” in 1992 vermoor is. Hy is in 1994 in hegtenis geneem en in 1996 in die hooggeregshof in Pretoria skuldig bevind en gevonnis. Hy is tot twee keer lewenslange tronkstraf gevonnis asook ʼn bykomende 212 jaar tronkstraf.

Barnard, ʼn voormalige agent van die apartheidsera se Burgerlike Samewerkingsburo (BSB), is in 1999 tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord op David Webster, ʼn teen-apartheid-aktivis.

Die besluit word om 10:00 verwag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

JB ·

Clive het “glo” longkanker. Hy IS baie siek, maar die klomp wat GLAG NIE siek was/is nie, kry parool???

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.