Drie mans is Donderdag by die Wêreld- Ekonomies Forum (WEF) in Kaapstad in hegtenis geneem nadat hulle toegang wou bekom met akkreditasiekaarte wat nie aan hulle behoort nie.
“Al drie persone is ondervra en word beskuldig van die oortreding van artikel 18(3) van die Wet op Veiligheid by Sport- en Ontspanningsgeleenthede, en dit is om in die besit te wees van ʼn akkreditasiekaart wat die persoon nie magtiging gee om só gebied te betree nie,” het kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die mans sal binnekort in die Kaapstadse landdroshof verskyn.”
Meer as 1 200 wêreldleiers, politici, akademici, sakelui, nasionale- en internasionale media woon tans die 25ste Wêreld- Ekonomiese Forum (WEF) oor Afrika by Kaapstad se Internasionale Konvensiesentrum (CTICC) by. Vanjaar se tema is “Then and Now: Reimagining Africa’s Future”. WEF duur nog tot Saterdag voort.
Ek dink die regte zuma was ook nie daar nie want die een wat daar gepraat het is ligjare verwyder van die regte een.Tensy n komediant sy toespraak geskryf het.
Netso! Bleddie Joke!!!
Dit behoort ‘n uitstekende sepie te maak. Vêr verwyder van die waarheid.
Het julle dan nie gesien hoe die mense of daardie forum vir Zuma gesit en lag het toe hy vertel dat die President nie bo korrupsie verhewe is nie en dat hulle dinge in plek het teen korrupsie. Hy was die grootste grap. Die mense in die buiteland het om openlik bespot. Ek sou skaam kry as ek hy was. Village idiot