Drie bejaarde vroue doodgeslaan

Argieffoto

Argieffoto

Drie bejaarde vroue van Lady Frere in die Oos-Kaap is Saterdagaand dood nadat hulle op pad huis toe aangerand is.

Ao. Namhla Mdleleni, ʼn polisiewoordvoerder, het Maandag gesê die vroue, tussen 65 en 70 jaar oud, het omstreeks 18:00 in Lady Frere gestap toe ʼn verdagte hulle genader het. “Hy het hulle erg aangerand en toe weggehardloop,” het Mdleleni gesê. “Twee vroue is op die toneel dood. Die ander een is na die Glen Grey-hospitaal geneem waar sy ook aan haar beserings beswyk het.”

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Mdleleni het gesê die rede vir die aanval is nog nie bekend nie.

Die Lady Frere-polisie het die publiek versoek om hulle in hul ondersoek by te staan. Mense met meer inligting oor die moord, kan die polisie by 047 878 0008 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Tina ·

JZ, nou wat sal jy hierdie skurk noem? Hoekom veroordeel jy nie die voorval ook ten sterkste soos jy gemaak het met jou lid wat geskiet is nie?

Patat ·

Hoe vreeslik! Oumense wat nie in staat is om hulself te verdedig nie!

Is dit geoorloof as ek ‘n klein aanmerkinkie maak t.o.v. ‘n klein spelfoutjie in die berig? Ek wil nou nie gestenig word nie. Ek het opgemerk dit gebeur maklik op forums. Liefs maar eerder net die berig lees vir wat dit is?

Miems ·

Dis werklik afgryslik,hulle mik op die swakkere!Oumrnse en Vroumense!Ek betwyfel of hierdie land oOit weer dieselfde gaan wees,eks nie negatief nie,maar gaan van sleg tot slegter elke dag!n Wettelose land met geen meet vryheid,elkeen bly in sy eie tronk omhein want jy is nie eerd veilig in jou eie huis nie!Al wat my moed gee is God is in Beheer!

Henna ·

Ek sien nie die ANC se kommentaar oor “shock” en “horror” oor hierdoor 3 vroue se dood nie. Is hulle lewens dan minder werd?

OJ VENTER ·

EK LEES FEITLIK ELKE DAG VAN PLAAS MOORDE.VERSTAAN DIE BOERE NIE DIE TERM VAN SELFBEVEILIGING NIE BV.VEILIGHEIDS DEURE IN DIE GANG VAN JOU HUIS.BEHOORLIKE DIEFWERING.ALARM SISTEME,KAMERAS VIR DIE WAT DIT KAN BEKOSTIG.MOENIE BRAAF WEES EN UITGAAN AS JY IETS BUITE HOOR NIE.8 VOET PALISADES OM JOU PLAASWERF.DAAR IS BAIE WAT DIE BOERE KAN DOEN VIR HULLE EIE VEILIGHEID,DIT VOEL VIR MY PARTYKEER DIE BOERE IS OF MOEDSWILLIG OF UITERS ONKUNDIG.MISKIEN MOET AFRI FORUM IEMAND STUUR OM HULLE OP TE LEI OF DAARVAN BEWUS TE MAAK.STERKTE.

Pietsnot ·

OJ, dis BAIE MOEILIK om kommentaar te lees wat te veel HOOFLETTERS gebruik.

Sollie ·

OJ, ja en wat het die nou eintlik met ‘n plaasmoord te doen? Dit maak dit nie minder erg nie nee, maar jy lewer kommentaar asof dit ‘n plaasmoord was.

Adriana Stuijt ·

Wat is die drie vrouens se name en is daar ‘n beter beskrywing van die man wat hulle aangeval het behalwe ” ‘n Man?” asseblief ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.