Drie ‘beroepsmisdadigers’ sterf, nog drie vas ná mislukte rooftog

Argieffoto (StevePB, Pixabay)

Argieffoto (StevePB, Pixabay)

Drie vermeende rowers is doodgeskiet nadat ʼn skietgeveg tussen polisiebeamptes en ses verdagtes ontstaan het tydens ʼn mislukte rooftog in Epping, Kaapstad.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê afgesien van die drie verdagtes wat doodgeskiet is, is ʼn vierde gewond en nog twee in hegtenis geneem toe hulle Vrydagmiddag ʼn supermark in Benbowlaan probeer beroof het.

Hy het gesê met die polisie se aankoms op die toneel het ʼn skietgeveg ontstaan waartydens drie van die verdagtes noodlottig gewond is. Twee verdagtes wat buite die supermark in wegkommotors gesit het, is in hegtenis geneem. “’n Voorlopige ondersoek het getoon die verdagtes het ʼn misdaadgeskiedenis van 15 jaar waartydens hulle glo by 52 ernstige sake betrokke was,” het hy gesê.

Volgens Mulaudzi kan een van die verdagtes verbind word met 26 ander sake, waaronder sakerooftogte, huisbrake, diefstal en transito-rooftogte. ʼn Tweede verdagte word met vier ander sake verbind, waaronder poging tot moord, gewapende roof en die besit van gesteelde goedere. Die verdagte wat tans onder polisiebewaking in die hospitaal behandel word, is in 2014 op borgtog vrygelaat en word met tien sake van onder meer moord, motordiefstal, gewapende roof, onwettige besit van ʼn vuurwapen en dwelmbesit verbind.

Een van die verdagtes wat doodgeskiet is, het uitstaande sake van sakeroof en die onwettige besit van ʼn vuurwapen teen hom gehad. Hy was ook voorheen betrokke by sake van motordiefstal, huisbraak, meineed en die rig van ʼn vuurwapen.

Twee van die verdagtes sal Maandag in die Goodwood-landdroshof verskyn, terwyl die derde verdagte in sy afwesigheid aangekla sal word terwyl hy nog in die hospitaal aansterk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Takkie Takuuza ·

Met soveel hangende sake en vorige veroordelings kan mens nie help om te wonder hoekom hulle enigsins buite die tronk is nie. Kriminele het natuurlik al die regte. Wel ten minse gaan ons nou spaar op verdere hofsake en onderhoud op drie van hulle.

Dirk ·

Dit is die eerste keer dat ek sien dat die misdadigers van vandag reg omskryf word nl beroepsmisdadigers. Dit is eget verkeerd om dit te koppel aan ‘n lang geskiedenis van misdaad,

Misdadigers is die polisie ver vooruit. Die polisie ondersoeker het net so neffens 1996 iewers vasgehaak. Die kroeks dra blinkpakke en ry duur motors. Die dae dat hulle in die waterpype en onder bruê geslaap het is lank reeds verby. Hulle trek van gebied tot gebied met huurkarre en oornag in gastehuise waar geld en drank vrylik vloei.

Daar is genoeg youtube uploads wat hierdie MO bevestig.

Ja soms gebruik hulle die pypslapers om die vuilwerk te doen. Die pypslapers is dwelmafhanklik gemaak en word op die edge gehou, hy is nie die ware misdadiger nie.

Die polisie het nie die vermoë om die organiseerders vas te trek nie. Hulle is bekend maar die vermoë (eerder die wil) om hulle 24 uur dop te hou ontbreek. Die organiseerders pas ook anti-tracking tegnieke toe voor hulle kontak maak met die verskaffers en runners.

Dan wil dit vir my lyk dat daar samewerking in die howe bestaan. Dit is baie subtiel. Ek kan nie bewys wat ek sê nie. Ek vertel net wat ek waarneem. Verdediging wat vrylik die kamers van magistrate in en uitstao voor verhoor. Verdedigers vat die proses in die distrubisie howe manipuleer.

Hoër hof uitsprake maak dit al moeiliker om die midadiger voor die hof te kan bring. ‘n Reel vandag is more ‘n gronwetlike skending van die misdadiger se reg.

Dan is daar vriende van vriende wat vriende van vriende in hogere plekke ken. Die meng nie direk in met die ondersoek nie. Die frustreer net die ondersoeker tot moedeloosheid.
Daar is glad nie meer ‘n blou lyn tussen die onderwereld en die burgery nie.

Vir alle misdadigers is misdaad ‘n beroep met ‘n onderling gedragskode.Sou die kode verbreek word is dit jou einde.

Kom ons los dit nou maar daar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.