Drie beseer in botsing tussen drie motors

Foto: Verskaf.

Drie mense is beseer toe die motors waarmee hulle gereis het Vrydagmiddag op die N4 in Kroondal gebots het.

Annine Siddall, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het omstreeks 13:30 plaasgevind.

“Toe paramedici by die toneel opdaag, het hulle twee vroue wat vasgeknel was in ʼn Polo aangetref,” het Siddall gesê.

Albei vroue het volgens haar matige beserings opgedoen. “Hulle is vir hul wonde behandel en na nabygeleë hospitale vervoer vir verdere mediese behandeling.”

ʼn Ander man het geringe beserings opgedoen en is deur ander nooddienste behandel.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ouboet9 ·

Nee, Eish. ‘n Wond is enige besering aan die liggaam (agv geweld, ongeluk of chirurgie) waar die vel geskaaf of geskeur is en waar daar gewoonlik ook skade aan die ondeliggende weefsels is.

Meraai ·

LOL – dws die bestuurders is “gewond”en nie beseer nie

Chris Ws ·

Daar is ‘n afrit by Kroondal op die N4 so dit laat mens dink . . . . Die N4 is van daar af tot by Rustenburg pyl reguit so ek vermoed die afrit het iets te doen met die ongeluk.Mens wonder wat vang die mense aan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.