Drie beseer in helikopter-ongeluk

Argieffoto

Drie mense is beseer nadat ʼn helikopter Vrydagoggend in Limpopo neergestort het.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die R44-helikopter het in die Hoopdaal-gebied tussen Lephalale en Thabazimbi neergestort.

“Die vlieënier, sy vrou en nog ʼn persoon is tydens die voorval beseer, maar niemand is dood nie,” het hy gesê.

Die oorsaak van die ongeluk is onbekend en word deur die polisie en burgerlike lugvaartowerheid ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.