Drie beseer in JHB-kettingbotsing

Die wrak van die voertuig waaruit die man gesny moes word. Foto: Verskaf

Die wrak van die voertuig waaruit die man gesny moes word. Foto: Verskaf

Drie mense is Vrydagoggend beseer nadat vier voertuie op die N1-snelweg in Johannesburg gebots het.

Russel Meiring, ʼn woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het naby die Beyers Naude-afrit in ʼn noordelike rigting plaasgevind. “Al vier voertuie was in die vinnige baan in die kettingbotsing betrokke,” het Meiring in ʼn verklaring gesê. “Een van die motors is baie erg beskadig. Die man was in die wrak vasgekeer en het gelukkig net matige beserings opgedoen.” Die brandweer het die man uit die wrak gesny voordat hy met ʼn ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is.

“Twee mense in die ander voertuie het slegs geringe beserings opgedoen. Hulle is ook na hospitale geneem vir verder behandeling en waarneming.”

.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.