Drie beseer in ongeluk op plaas

Paramedici staan die man by. Foto: IPSS

ʼn Man moes Vrydag met ʼn helikopter na ʼn hospitaal geneem word nadat sy bene in ʼn ongeluk op plaas in KwaZulu-Natal vergruis is.

Twee mans is ook tydens die voorval beseer. Paul Herbst, woordvoerder van IPSS Medical Rescue, het gesê die voorval het op ʼn plaas in die Tongaat-omgewing plaasgevind.

“Drie plaaswerkers het op ʼn sleepwa agter ʼn trekker gery toe die sleepwa op een of ander manier omgeslaan het. Een van die werkers se bene is deur die sleepwa vergruis en hy het kritieke beserings opgedoen. Die ander twee werkers het matige beserings tydens die ongeluk opgedoen,” het Herbst gesê.

Die plaaswerker is met die Black Eagle/IPSS-helikopter na die Lenmed Ethekweni-hospitaal geneem vir mediese behandeling.

Die ander twee werkers is met ʼn ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.

Paramedici staan die man by. Foto: IPSS

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Alida ·

Dit is baie tragies maar kry die eienaar van die plaas jammer as die familie begin eise stel.

Muffin ·

n Sleepwa kan nie sommer net maklik omslaan nie. Die bestuurder sal moet verduidelik.

Alida ·

As die eise begin instroom verstaan hulle NIKS van n ongeluk nie. Kyk hoe vinnig het hulle die dooies vergeet toe daar geld ter sprake was.

Whatever ou ·

As daar sagtegrond is of modder en jy het n vol kunsmis tank op jou wa en eenwiel val in die modder se kant sak die wa en die momentum van die vloeistof sal die wa maklik laat tip. Nie alle plaas werkers is sleg nie hoor. Ek het dieselfde ding by my beleef en dis n ongeluk, nie beplan nie. My plaaswerkers is baie goed en getrou. Hulle werk hard. Jou woorde spreek lewe. Raak bietjie meer positief.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.