Drie beseer in ontploffing by substasie

Argieffoto bloot ter illustrasie 

Drie mense, een van hulle is in ʼn kritieke toestand, is beseer in ’n ontploffing Vrydagoggend by ’n substasie in KwaZulu-Natal.

Die presiese omstandighede met betrekking tot die ontploffing is nie in dié stadium duidelik nie.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê ’n kollega van een van die beseerdes het paramedici naby die betrokke substasie in Kloof, noordwes van Durban, voorgekeer en om hulp gevra.

Paramedici het toe op die toneel ’n man met ernstige brandwonde agter in ’n voertuig aangetref. Die man was in ’n kritieke toestand.

Die man is op die toneel behandel voordat hy na ’n nabygeleë hospitaal vervoer is vir dringende mediese behandeling.

Nog twee mans is in die ontploffing beseer. Albei is op die toneel behandel voordat hulle deur ander ambulansdienste na nabygeleë hospitale geneem is.

Die plaaslike owerhede was vanoggend op die toneel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Blikke ·

Ek wonder of hulle intandhouding gaan doen het of sommer dalk net bietjie daar rondgekyk het…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.