Drie beseer ná gasverwarmer ontplof

Argieffoto ter illustrasie

Argieffoto ter illustrasie

Drie persone is beseer, waarvan een in ʼn kritieke toestand is, nadat ʼn gasverwarmer by ʼn huis in Kameeldrift in Pretoria ontplof het.

“Die voorval het omstreeks 12:24 plaasgevind,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê. “ʼn Vrou en twee kinders het brandwonde opgedoen. Die vrou is in ʼn kritieke toestand. Die kinders is in ʼn ernstige toestand.”

Die pasiënte is op die toneel gestabiliseer en die vrou is met ʼn Netcare-helikopter na ʼn hospitaal geneem. Die twee kinders is met ʼn ambulans vervoer.

“Die oorsaak van die ontploffing is nog nie bekend nie. ʼn Ondersoek sal gedoen word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Nicky ·

Watter Kameeldrift area? Daar is ‘n Kameeldrift Wes aan Hartebeespoortdam se kant en dan Kameeldrift Oos aan Roodeplaatdam se kant.

Peet Schabort ·

Ek het geleer dat 12:24 is ‘n verhouding wat beteken “12 tot 24”. Tyd sal wees 12h24 (internasionale skryfwyse) waar die “h” staan vir “hora” (en nie “hour”) wat “uur” beteken. Soos voorheen deur my gesê lees ons jeug ook hier en leer verkeerd. Sou ek egter verkeerd wees, help my asb. reg.
Die verwarmer was aan in die middel van die dag wat vir my vreemd is ? Die bottel wat ontplof gaan af soos ‘n bomontploffing. Ek het gesien hoe ‘n huis se hele dak weggeskiet was deur so ‘n ontploffing. Die grootte van die bottel het natuurlik die sê van hoé groot die skade.
Voorspoed aan die beseerdes en mag ons ander weer ‘n slag besef dat ons versigtig met gas moet werk. Dis nie te sê dat my laaste sin betrekking het op die ongeluk.

MG ·

As dit koud is is dit koud. My verwarmer was oor die naweek al vroegoggend aan.

Chris ·

Peet ek dink as jy die 24 uur tyd gebruik moet die h daar wees alhoewel ek het iewers gelees dat hulle dit nie meer gebruik nie. as mens die standaard tyd gebruik dan sal dit reg gewees het maar ek dink dan moet daar van AM of PM gebruik gemaak word.

Johannes ·

Hallo Peet, ek geniet altyd jou skrywes, ek lees dit altyd. Weet jy, daar is jare gelede al besluit dat dit die formele wyse sal wees waarvolgens tyd in Suid Afrika geskryf sal word (12:24). Groete, Johannes.

Ben ·

Gasbottels met LP-Gas gevul kan nie ontplof nie. Dit kan stadig lek, met die suurstof in die vertrek meng, en dan kan die mengsel van gas en suurstof ontbrand as die regte verhouding tussen gas en suurstof bereik is.

Pendoring ·

Hierdie ongeluk kon waarskynlik verhoed gewees het. Dis nie die bottel wat ontplof het nie, anders was daar nie meer ‘n huis nie. Dus was daar ‘n gaslek op een van die koppelstukke. Die gas het genoeg uitgelek dat daar “poel” gas in die vertrek was teen die tyd wat dit ontvlam het. Êrens langs die pad moes iemand die gas geruik het. Hulle het dalk nie geweet wat hulle ruik nie. Die berig is nie duidelik of dit gebeur met die aansit van die verwarmer en of dit gebeur het na die verwarmer reeds ‘n ruk lank aan was nie.

Marelize Jooste ·

Hi ek hoop iemand sal my dalk kan help. Ek wil net graag uitvind of iemand my mag se of dalk kan se wat die gesin se van is ek het vriende wat in daardie omgewing bly en wil net graag uitvind. Baie baie dankie. Groete

Louis ·

Marelize, as dit vriende is, sou jy definitief daarvan gehoor het !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.