Drie beseer ná ontploffing in Pta-Wes

(Foto verskaf deur Emer-G-Med)

ʼn 50-jarige man het kritieke beserings opgedoen en twee ander persone is beseer toe ʼn elektriese transformator in die nywerheidsgebied van Pretoria-Wes ontplof het.

Emer-G-Med is net ná 12:00 na die toneel ontbied.

“Die drie mans was glo besig met instandhoudingswerk aan die transformator toe dit ontplof het.”

Die man, wat kritieke beserings opgedoen het, is met ʼn Netcare 911-helikopter na ʼn spesialis-fasiliteit geneem. Die twee ander mans het ingryping op die toneel benodig voor hulle met ambulanse na nabygeleë hospitale geneem is vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

007 ·

As jy 30% op skool moet hê om deur gesit te word. Dis ‘n klinkkkare bewys van dit. So jammer vir die werkers, maar dis die regering se skuld.

Tanniepetoors ·

Rooikat en ander wat die lae toelaatbare matriekslaagsyfer blameer vir als wat verkeerd gaan in ons land moet bietjie begin dink. Die wat met 30% deurgekom het is waarskynlik diegene wat nou transitorowe, kabeldiefstal, sabotasie by kragstasies en substasies, plaasmoorde, brande in histories geboue en duur huise haarfyn beplan en baie dikwels suksesvol uitvoer. Nie sleg vir ‘n 30% “pass” nie.
Om matriek deur te skuur beteken nie jy is onnosel nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.