Drie beseer toe helikopter neerstort

Die helikopter wat in Sinoville geval het (Foto: Verskaf)

’n Helikopter met drie insittendes het Vrydagmiddag in Sinoville in Pretoria geval, nadat dit glo by Wonderboom opgestyg het.

Luidens ’n verklaring uitgereik deur ER24 het die helikopter in Marija-straat in Sinoville neergestort. ER-paramedici was omstreeks 12:40 op die toneel waar hulle die helikopter in die middel van die straat aangetref het.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, is drie insittendes ’n entjie van die helikopter aangetref.

Die plaaslike polisiebeamptes en brandweerdienste het die pad afgesper en paramedici het die drie mans se wonde behandel.

Volgens Xander Loubser, woordvoerder van die Best Care-ambulansdiens, het die drie mans slegs ligte beserings opgedoen.

Loubser sê die helikopter het blykbaar aan die Powered Flight-opleidingsentrum in Wonderboom behoort. Die helikopter het glo van die Wonderboom-lughawe se rigting gekom toe dit neergestort het. Dit is nog nie bekend wat die oorsaak van die ongeluk was nie.

Loubser sê daar is nog geen verdere inligting oor wie die drie insittendes is nie. Een het wel ’n hemp van die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid aangehad.

Polisiebeamptes is steeds op die toneel besig met verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Chris Ws ·

Knap gedaan vlieenier!Jy het ‘n goeie noodlanding uitgevoer en daarom is almal net lig beseer.As ‘n helikopter VAL is almal aanboord dood.

helicopter autorotation ·

Google: “helicopter autorotation landing”

EL ·

Dit is darem nie meer die 1960’s se helikopters nie. Meeste helikopters sedert die vroeë ’70s is almal met vryval meganismes toegerus wat beteken as dit val kan die rotors vryelik draai soos in die geval van ‘n “gyro-copter” en kan ‘n noodlanding uitgevoer word. Natuurlik kan die oorsaak wat daartoe lei dat dit neerstort van so aard wees dat vryval nie moontlik is nie.

Cherokee ·

Chris Ws, moet nie stories opdis asof dit die waarheid is nie.

Cherokee ·

Soos enige vliegtuig ‘n noodlanding kan doen omdat dit vlerke het, kan ‘n helikopter dit ook doen, want dit het ook vlerke. Roterende vlerke.

Jan Booyens ·

Ek is bly niemand is dood of te ernstig beseer nie. Dis egter ‘n kwessie van bekommernis vir die inwoners van Annlin. Hierdie helikopters handhaaf nie altyd veilige vlieg hoogte bokant residensiele gebied nie. Hier is hope aftree oorde in die gebied en partykeer vlieg hierdie helikopters baie laag oor hierdie gebied, wat behalwe vir die geraas steuring, ook gevaar inhou vir die inwoners, soos bewys is deur hierdie ongeluk.

Nick ·

…is drie insittendes ‘n entjie weg van die helikopter aangetref…?
Is hulle nie dan ‘uitsittendes’ nie?

Varkie ·

Klink my iemand het vir hul lisensie gegaan en is seker nie deur na daai landing nie :-)

Marrietta ·

Hierdie ouens het nou letterlik in die pad geval. Ek wonder watter taal het hierdie “uitsittendes” gepraat, anders kon Loubser hulle net gevra het wat aangaan. Dan het ons ook geweet.

Sjoe! ·

Daar by Wonderboom waar nie eintlik meer ‘n lughawe is nie! Baie bly die manne is oukei!

Elsa ·

Gee die vlieënier n medalje. Baie goeie moodlanding: niemand ernstig beseer, geen eiendom beskadig, en helikopter het nie aan die brand geslaan.

Knap gedaan.

Cherokee ·

Baie goeie moodlanding, sê jy Elsa. Weet nie of hulle in so goeie mood was nie maar daar is ‘n gesegde wat lui dat enige landing waarvandaan jy kan wegstap, ‘n goeie landing is.

Doris ·

Ek wil nogal met jou saamstem Jan Booyens hier vlieg baie dae so n blou Helikopter oor ons huis dan kan n mens nie glo hoe laag vlieg hulle dan wil dit vir my sê hulle is nie baie goed opgelei nie want n mens vlieg nie so laag in n gebied waar huise is nie, wat ek glo vandag weer die geval was hy het seker aan die kragtrade of bome geraak en toe so half beheer verloor en hoop Burgerlugvaart doen die ondersoek en nie die Polisie nie .

Cherokee ·

Doris, ek ken die lugvaartwette maar het ‘n vraag oor jou sinsbou. Skattebol, jy kan nie ‘n moerske paragraaf skryf sonder enige leestekens nie, want hoe op aarde moet ons dit lees sonder om asem te skep! )( Sjoe!() Terloops, ek is opgelei in lugvaartwette maar nie in Afrikaans nie. Ek is net hopeloos verlief op my taal en duld geen opposisie nie. Weet steeds nie of dit oor Afrikaans gaan of oor lugvaart nie, maar is toegerus om vir albei in te staan.

Alki ·

Dit is ‘n bestiering van Bo dat geen voetgangers of motors in die pad van daardie helikopter was nie, daardie straat is baie besig met al die nuwe komplekse wat aan die einde van daardie straat verrys het, skoolkinders gebruik daardie pas, ek loop hom self ook baiekeer, as die wboom 2 munsipale bus nie opdaag wat ook daardie roete ry nie.

jakes ·

Het die helikopter brandstof in gehad? Bly die manne is nie ernstig beseer nie.

Doris ·

Cherokee ek sal graag wil weet wie jy is. Ek het my kind so 9 jaar terug in n Helikopter Ongeluk verloor. Ek is bly jy ken die Lugvaartwette. Dit is net jammer die persoon in beheer van die Helikopter kom in die meeste gevalle nie die Burgerlugvaart wette na nie. As jy kyk in die laaste paar jare al die Helikopter Ongelukke, kan n mens nie sê daar was fout met die Helikopters nie.

Cherokee ·

Jy is heeltemal reg, Doris. Die lyn word somtyds dun gesny tussen ‘pilot error’ en ‘no pilot error’. Spesifieke hoogte moet gehandhaaf word oor beboude gebied tydens normale vlug.

Cherokee ·

My opleiding was egter nie op choppers nie maar fixed wing (vaste vlerk) vliegtuie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.