Drie beseer toe honde hulle aanval

Foto: Rescue Care

Foto: Rescue Care

Een persoon is in ʼn kritieke toestand en nog twee beseer nadat hulle in ʼn straat in Durban deur twee honde aangeval is.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care-paramedici, het gesê die ambulansdiens is omstreeks 08:00 na die toneel in Philamereweg in Glenwood ontbied.

“Volgens omstanders het die mense in die straat verbygestap toe die twee honde by ʼn erf uitgekom en hulle bestorm het,” het Jamieson gesê.

“Toe ons by die toneel opgedaag het, is twee van die beseerdes reeds na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.” Die derde persoon was steeds op die toneel en is deur paramedici gestabiliseer voordat hy ook na ʼn hospitaal geneem is, het hy gesê.

Die polisie is na die toneel ontbied om die voorval te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

DPJ ·

Eie woongebiede het toe nooit gerealiseer soos die vorige regering beloof het nie.
Honde eienaar is in GROOT moeilkheid. Waarom was sy honde nie agter tralies nie

Scura Toks ·

Hoekom word die honde nie in hegtenis geneem vir aanranding nie, wat it fout met die polisie ?

Chris W ·

Die eienaar van die honde is in groot moeilikheid want die wet is baie spesifiek waar dit honde op straat aangaan.ALLE honde mag slegs op straat wees vas aan ‘n leiband,maw onder direkte beheer van die hond se eienaar/hanteerder.Toe ek op skool was het bure se groot hond my aangeval en van my fiets afgetrek sonder enige provokasie van my kant af.Die polisie het hulle slegs kom waasku en dis al maar ek moes steke kry aan my been.Nou is die wet heel anders.

Flippie ·

Het hulle net verby gestap. Of het hulle per ongeluk dir hoek oopgemaak en ingestap en toe die honde gesien en toe…

Liewe Heksie ·

Waar is die honde ? wie is volgende as n hond eenkeer aangeval het gaan hul dit weer doen Dalk die buurman se kind !!!!!!!!!

amelia ·

Dit is tragies maar wat al met my gebeur Kinders terg die honde en maak hekke oop Gelukkig gaan die honde nie uit erf nie maar ek vrees vir die dag dat hul weg uitgaan wat daar ook gedoen word slaan honde met stokke of gooi hul met klippe

m ·

wat gaan aan, mens lees al hoe meer van sulke gevalle waar hone mense aanval,

Johannes Meintjes ·

Die Wet, ongelukkig, is net so effektief as wat mense daaraan gehoor gee, die SAPD, Metro en howe dit konstant toepas, en klagteprosedure nagekom en erken word. Glo my, uit nare ondervinding met ander mense se honde wat uitkom in Pretoria se voorstede, berus die eerste probleem by mense wie die wet en munisipale reels baie hooghartig en arrogant ignoreer.

pop ·

Flippie dis n goeie vraag. Ek dink jy slaan die spyker op die kop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.