Drie beseer toe houer in huis ontplof

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Cullan Smith/Unsplash)

Drie mense, onder wie ʼn kind, het Saterdag ernstige brandwonde opgedoen ná ʼn ontploffing in hul huis in Durban.

Paramedici van Netcare 911 het om 18:16 twee volwassenes en ʼn kind kort ná die ontploffing by die huis in Umhlanga Ridge aangetref.

Al drie slagoffers het ernstige brandwonde weens die onverwagse ontploffing opgedoen.

Volgens Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het ʼn hoogs vlambare vloeistof langs ʼn kaggel gestaan toe die houer waarin dit gestoor was aan die brand geraak het. Die houer was dadelik in vlamme verswelg wat eindelik daartoe gelei het dat dit ontplof.

Dit is steeds nie duidelik watter soort vloeistof in die houer geberg is nie.

Die pasiënte is op die toneel gestabiliseer voordat hulle vir behandeling na ʼn plaaslike hospitaal geneem is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Misky ·

Saterdag was wel koel en reënerig in Durban, maar wie steek ‘n kaggel in somer/Desember maand aan??? Nietemin, sterkte aan hulle en spoedige beterskap toegewens

Smurf ·

Dit is nie vreemd nie…In ons kantore sit die mense voor verwarmers want die aircon is te “koud” (23 grade c )….nog steeds n tragiese geval hierdie…

Francois Le Cochon ·

Heel moontlik “gel fuel”, die mees gevaarlikste produk wat enige iemand oor die toonbank kan koop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.