Drie beseer toe taxi deur huis bars

Foto verskaf deur ER24

Drie persone is Vrydagmiddag in Glenwood, KwaZulu-Natal beseer toe ʼn taxi deur ʼn muur gebars en ʼn huis getref het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die bestuurder van die taxi het beheer verloor oor die voertuig. “Die minibustaxi was tussen ʼn muur en die huis vasgekeer toe paramedici by die toneel opgedaag het.”

“Die taxibestuurder het ernstige beserings opgedoen en twee persone het matige beserings opgedoen,” het hy gesê. Hulle is na nabygeleë hospitale geneem.

Owerhede was op die toneel en stel verder ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

IK ·

‘Vasgekeer’? Word dit nie gebruik vir iets lewendigs? Eerder ’tot stilstand gekom’, ‘aangetref’.
Dit gebeur wanneer jy mak raak op die pad.

? leser ·

hy het nie beheer verloor nie, dis ‘n voertuig wat nie pad- waardig / -vaardig is nie , slaap en spoed, wat so iets kan regkry

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.