Drie beseer toe vragmotor, trein bots

Foto: Verskaf.

Drie mense is Donderdag beseer toe ʼn trein by die Smelter-kruising buite Rustenburg met ’n vragmotor gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het omstreeks 14:30 plaasgevind.

“Die paramedici het die vragmotor aan die kant van die pad aangetref. Die trein het ’n entjie weg tot stilstand gekom,” het Meiring verduidelik.

Die bestuurder van die trein, haar assistent en die bestuurder van die vragmotor het almal geringe beserings opgedoen.

Die pasiënte is op die toneel behandel en daarna na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling. Die oorsaak van die botsing is nog nie bekend nie en sal deel uitmaak van die polisie se ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

snoefie ·

mense, moenie verbaas wees as jy straataf ry en n trein toet om jou verby te steek nie.

thelsa ·

Ja . . bestuursopleiding, nakoming van padreëls en algeme waaksaamheid is mos iets wat nuut is vir onse ou volkie

Michael barnard ·

Ek wonder hoekom het die trein nie vir die vragmotor gestop nie en of die drywer darm n lisensie gehad het om n trein te dryf want gad se tyd koop jy enige iets.

Transnet ·

Micheal ek werk vir Transnet – geen drywer word op n trein gesit as hy nie opleiding en streng toetse deurstaan het nie. Die kans dat n trein drywer sy lisensie gekoop het is nul, trein drywers word ook per rooster op die treine geplaas

smurfie ·

Ek dink Michael was net sarkasties. Veral as jy kyk na die eerste 2 mense se kommetaar.

snoepie ·

Soms dink ek mense bly onder n klip.
Dis mos logies n trein kan nie net stop nie.
Wonder sommer ook; of die lisensie soos n motor lisensie lyk :)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.