Drie beseer tydens ongeluk met ambulans

Argieffoto

Argieffoto

Drie persone is Saterdagmiddag beseer tydens ʼn ongeluk met ʼn ambulans in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal.

“Paramedici van Netcare 911 en verskeie ander nooddienste het omstreeks 15:30 reageer op ʼn ongelukstoneel in Edendaleweg,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, gesê. “Terwyl die voertuie in die reën reageer het, het paramedici van Netcare 911 gesien hoe die ambulans, van ʼn ander nooddiens, voor hulle oor die pad tol en omslaan.”

Netcare 911 se paramedici het stilgehou en twee personeellede van die ambulans het verskeie beserings opgedoen. ʼn Derde persoon het slegs geringe beserings opgedoen. “Die pasiënte is op die toneel behandel voor hulle na verskeie hospitale geneem is vir verdere behandeling.”

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. Die polisie stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

KarooKlong ·

Ambulans tol en slaan mos nie vir niks om nie. Wat was die rede hiervoor? Paramedici van Netcare 911 het dit dan gesien gebeur. Vertel maar vir ons die waarheid.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.