Drie beseer tydens skietery by kerk

Een van die voertuie wat deurgeloop het onder ‘n koeëlreën in Zuurbekom. Foto: Facebook

Drie mans is beseer in ʼn beweerde gyselaarsituasie by ʼn kerk aan Gauteng se Wes-Rand.

Shawn Herbst, Netcare 911-woordvoerder, sê paramedici is omstreeks 08:00 Donderdag na ʼn kerk in Zuurbekom, tussen Soweto en Westonaria, ontbied ná ʼn skietery.

Volgens voorlopige berigte het ʼn man ʼn skietwond aan sy skouer opgedoen terwyl nog twee mans beseer is nadat hul motors met klippe bestook is in wat ʼn gyselaarsituasie blyk te wees.

Al drie mans is per private ambulans hospitaal toe gebring.

Die polisie se lugvleuel asook spesialispolisie-eenhede is nog op die toneel.

Herbst sê volgens ooggetuies word lede van die publiek glo steeds binne die kerk as gyselaars aangehou, maar die SAPD het nog nie hierdie bewering bevestig nie.

Gautengse polisiewoordvoerders met wie Maroela Media probeer praat het, se selfone was tot dusver Donderdagoggend af, maar kapt. Mavela Masondo het vroeër aan TimesLive gesê die polisie sal inligting beskikbaar stel soos dit bekend word.

EWN het getwiet minstens ses voertuie is vol gate geskiet in die beweerde geveg tussen twee strydende kerkgroepe.

Hou Maroela Media dop vir meer.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Daan ·

Eish. Watse soort “kerk” is die? Klink vir my meer na ‘n samekoms van gangsters. Al hoe meer “kerke” is deesdae verdag.

Lana ·

“Geveg tussen twee strydende kerkgroepe.”
Genade, kan ‘n mens dit ‘n kerk noem?

Godslasterlik ·

Vir dié van julle wat Christene is, gaan lees ‘n bietjie die kommentare op EWN oor hierdie nuusitem. Godslasterlik om die minste te sé!

Soos wat? ·

Het gelees. Niks gesien. Is maar net ‘n geval waar twee kerke op mekaar skiet in die naam van “J”.

lewies ·

Kyk gerus op die Internet wat die verskil tussen die ware en valse kerk is. As jy jou navorsing oor hierdie saak gedoen het, evalueer dan die kerk waaraan jy behoort aan die inligting wat jy ingewin het. Jy sal verbaas wees as jy klaar is met hierdie oefening.

Bees ·

Die bybel laat hom altyd oop vir 2 teenpole. Neem apartheid, rol van vroue, gays. Van almal wat in n spook glo-is die wat in geen spook glo se verstand die nugterste.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.