Drie beseer tydens skietery op plaas in Somerset-Wes

Argieffoto

Argieffoto

Drie persone is Saterdagoggend beseer tydens ʼn beweerde rooftog op ʼn plaas in Somerset-Wes, oos van Kaapstad.

“Paramedici het omstreeks 09:20 na die toneel op Sandvleiplaas gehaas,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, gesê. “Die sake-eienaar was glo op die perseel besig om geld te tel toe onbekende mans deur die deur gebars en begin skiet het.”

Volgens Botha is die sake-eienaar raakgeskiet. Die bure se seun, wat glo besig was om te stort, is in die kruisvuur getref en het ʼn skietwond in sy hand opgedoen. Nog ʼn volwassene is beseer toe glas gebreek en dit hom in die gesig getref het.

“Paramedici het die beseerdes op die toneel behandel voor hulle na ʼn plaaslike hospitaal geneem is vir verdere behandeling,” het Botha gesê.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig die polisie ondersoek ʼn skietvoorval op ʼn plaas naby Macassar. “ʼn 42-jarige man is in sy arm gewond,” het Van Wyk gesê.

“Na bewering het vyf onbekende mans gepoog om die man te beroof nadat hy geld by ʼn bank in die dorp getrek het,” het hy bygevoeg. “Die polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord en ʼn saak van poging tot roof. Die ondersoek duur voort.”

Die polisie versoek enigiemand met verdere inligting om die ondersoekbeampte, ao Carl Rosenberg te kontak by 076 819 5669 of 021 857 7108.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Jef ·

Ag wat kan n mens nog se oor al die kriminaliteit in SA, ek is klaar gepraat.

Tiger ·

Die polisie kan maar hul ondersoek by die bank waar die man die geld getrek het begin.Dis amper ‘n uitgemaakte saak iemand binne die bank het sy gewoontes dopgehou en toe sy rower pelle buite bank laat weet toe die man weer so klomp geld kom trek het.Die bende rowers het hom doodluiters agtervolg tot op die plaas.Maklik.

Jan maak n Plan ·

Seker weer n “loon geskil” gewees – dit is mos deesdae die verweer.

Flintstone ·

Het self ‘n besigheid.Voordat ons nie leer om proaktief op te tree en jouself en jou geliefdes teenagtervolgings tegnieke leer en toe te pas,sal ons nog vele van hierdie berigte in die toekoms lees.Ons moet besef ons lewensomstandighede is een en dieselfde as in stedelike oorlogvoering.Slapende sal ons ondergaan maar waaksaam sal ons die vyand oorwin.Die Woord sê ons gaan ten gronde weens ‘n gebrek aan kennis.Wysheid is toegepaste kennis.Laat ons asb.met wysheid optree.

Bessie ·

Die geld wat by bank getrek was, is seker lone geld vir di werkers.. So steel hulle hul eie mense se geld, hoop die mense wat gewond is herstel gou sterkte met die ondersoek

A.J.Stuijt ·

Die onnodige oorweldigende manier waarop hierdie ongewapende mans aangeval en geskiet is – één was selfs in die stort – is maar weer ‘n bewys dat die ‘rooftog’ al die indikasies van ‘n pure haataanval gehad het. Geld is die mindere ‘motivasie’ , maar om die mans te beseer en verkieslik dood te skiet, was die hoofmotivasie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.