Drie betrap met plofstof

Argieffoto

Die metropolisie in Ekurhuleni het Vrydag drie mense in hegtenis geneem vir die besit van plofstof.

Volgens Frans Mmoko, burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsveiligheid, is twee mans en ʼn vrou gedurende ʼn misdaadvoorkomingsaksie met plofstof in die Villa Liza-gebied naby Boksburg betrap.

“Ons het ʼn wenk opgevolg oor voortdurende inbrake en diefstal by kroeë en drankwinkels in die gebied toe ons op die verdagtes afkom,” sê Mmoko.

Die owerhede het verskeie tipes plofstof in die drie se besit gevind en het die bomspesialiste ingeroep om te bepaal watter tipe plofstof op beslag gelê is.  “ʼn Voorlopige ondersoek deur die polisie verbind die bomme aan die opblaas van outomatiese tellermasjiene (OTM’s).”

Die drie sal binnekort in die Boksburg-landdroshof verskyn.

Mmoko het kriminele gewaarsku dat hoewel die land in algehele afsondering is, die Ekurhuleni-metropolisie steeds hard aan die werk is om wetteloosheid van enige aard te stuit.  “Ons weet dat kriminele nie op vakansie gaan nie en ek wil hulle waarsku dat ons ook nie.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Burgermeester ·

Goeie more aan al die slim mense. Kan ‘n kenner of ‘n taalkundige vir my help asseblief? Is die korrekte term springstof of plofstof? Ek is geleer dat plofstof kom in ‘n baba se doek voor, en dus die korrekte term om te gebruik is springstof. Ek sal waardeer as iemand my op die regte pad kan sit asseblief.
Wat die artikel hierbo betref, waar kry die mense die springstof/plofstof vandaan?

Die Wolf ·

Beide is korrek( Blasting agent en of Blasting material) Die algemene term in gebruik is springstof.

Die Wolf ·

Beide terme is korrek(Blasting agent en/of Blasting material) Ek verkies om van springstof te praat.

Michael 1 ·

Waar kry hulle die plofstof, ek vermoed by die mynbedryf, dan stel ek voor sekuriteit moet opgeskerp word by die myne self want ek wonder of die meerderheid polisie lede sal weet hoe lyk plofstof vir die mynbedryf.

marius ·

Vir ‘n wettige wapen langs die bed snags word gedreig 7 jaar minimum. Gaan die spul lewenslank kry as hulle skuldig bevind word ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.