Drie binne ure vas ná Limpopo-plaasaanval

Een van die verdagtes nadat hulle vasgetrek is. Foto: Facebook via die Spoorsnyers

Een van die verdagtes nadat hulle vasgetrek is. Foto: Facebook via die Spoorsnyers

Drie vermeende aanvallers is Sondag vasgetrek nadat ʼn Limpopo-egpaar op hul plaas, Klippunt, naby Naboomspruit oorval en aangerand is.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê Nico en Annetjie Muller, albei 66 jaar oud, is beseer nadat die aanvallers hulle vasgemaak en met ʼn vuurwapen geslaan het. Annetjie moes in ʼn hospitaal in Pretoria opgeneem word aangesien haar neus en ribbes tydens die aanval gebreek is.

“Die drie verdagtes het omstreeks 07:10 in die motorhuis vir Nico gewag en hom oorval toe hy teruggekom het nadat hy die kalfies op die plaas gevoer het,” het Otto gesê. “Hulle het hom in die huis in gedwing waar hulle Annetjie vasgemaak en haar ook aangerand het. Die verdagtes het ʼn vuurwapen en kontant gesteel en gevlug.”

Boere van die omgewing in samewerking met die polisie en die Spoorsnyers, ʼn private veiligheidsmaatskappy, was vinnig op die verdagtes se spoor. Paaie is afgesper en twee helikopters en ʼn vliegtuig is in die soektog gebruik en ʼn paar uur later is die verdagtes minder as 3 km van die huis af vasgetrek.

Die gesteelde vuurwapen en nog ʼn vuurwapen is in hul besit gevind, het Otto gesê. “Die verdagtes is almal tussen 30 en 35 jaar oud. Hulle sal binnekort in die hof verskyn op aanklag van huisbraak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

PJ ·

So moet dit gedoen word uitstekend goeie werk hoop nou net die regstelsel faal nie

Johan Burger ·

Ek stem met ander kommentaar saam dat dit die regte manier is om op plaasaanvalle te reageer en aanvallers te arresteer. Daarna kan stappe gedoen word, indien nodig, om te veseker dat die polisie en ander strukture in die strafregstelsel hulle werk behoorlik doen. Baie geluk aan almal wat betrokke was en sterkte aan die Muller egpaar.

FM ·

Dankie maroela dat julle die fotos van die rowers wys. My vermoede was reg, soos ek verwag het.Ek hoop nie dit word vir hulle moontlik gemaak om uit die selle te ontsnap nie. Baie geluk aan die brawe mense wat die vuilgoed aangekeer het. Aanvallers must fall!!!!!!!

Lin ·

Fantastiese spanwerk !! Wonder net of hulle gaan sit of op Borg uitkom? Sal die storie dophou !

Theresa B ·

Uitstekend!! Dit is hoe die ding gedoen moet word en net beter aangesien ek nou lees dat “die boere op hul eie is” ………………………

Rina Pretorius ·

wat se ge huisbraak, dis poging tot moord magtig man niks anders nie, roof is ook deel van die klag

Rita ·

Hierdie mense was dus ongeveer 10 en 15 jaar oud in 1994. Hierdie is produkte van die regering van die afgelope 20 jaar. Jy sou dink dat, as jy 10 is, en apartheid is uit die pad, dat jy al die geleenthede in wat jy het met beide hande aangryp.

net so ·

Rita net so, indien nie nog bietjie jonger, iewers sal hierdie jong mense verantwoordelikheid moet begin vat en die volwasse inteligente opgevoede mense ‘n voorbeeld en ware leierskapsvoorbeeld moet begin, hul sal moet lei, straf en voorvat, anders gaan daar niks van die land oorbly nie.

Pieter ·

Maroela gaan aangekla word van rassisme weens die plasing van die boewe se foto.

Sarie 2 ·

Die wapens wat hulle met hul saamneem na niksvermoedende mense se huise/plase, is beslìs nie om voëltjies mee te skiet nie!!!

Johann Marx ·

Aanklag van huisbraak? Jy “huisbraak” nie met ‘n vuurwapen nie? Dis poging tot moord….Enige persoon wat ‘n vuurwapen uithaal, se itensie is om dit te gebruik om iemand anders se lewe te neem. DIT….is moord, as die krimineel suksesvol is, en poging tot moord as sy slagoffer oorleef.

Avril -Pretoria Noord ·

Jaco,
wat bedoel jy met jou stelling “weereens n Chinese Norico pistool”
Ek besit n wettige Chinese Norinco pistool, maak dit my dan ook in jou mening n plaas aanvaller ???
Sal baaie graag jou verduideliking wil hoor !!!!!!

Andre ·

Ai jai jaaaaaai Avril. Regtig?! Is dit hoe jy Jaco se kommentaar lees. Komaam man. Ek glo nie Jaco se jy is n krimineel nie, hy (en die “security expert” in die artikel) se net dis n “cheap” wapen wat “mass produce” word. Enigeen, selfs n boef kan dit dus bekostig. Dink jy die boewe gaan vir hul R10 000 se Glocks koop?

====
A security expert said the Norinco pistol “is a cheap weapon made for mass production”. He described it as a “low-quality copy of all good weapons” and one “that a weapons expert would not use”. This was borne out by two gun dealers, who said a new Norinco pistol costs less than R1 000. One dealer said the most expensive guns in the 9mm range, the Heckler Koch and the Walther P99, can cost up to R10 000.

Peet Schabort ·

Let wel dat geen dier, gogga beseer is in die gebeure.
Selfs nie eens ‘n boer is in hegtenis geneem . . .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.