Drie binne uur ná gewapende roof vasgetrek

Die toneel. Foto: Verskaf.

Drie verdagtes, onderskeidelik 20, 26 en 26 jaar oud, is Vrydagaand binne ʼn uur ná ʼn gewapende roof in die Oos-Kaap vasgetrek.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het gesê die rowers is deur die polisie se honde-eenheid en Port Elizabeth se blitspatrollie vasgetrek.

Die rooftog het omstreeks 18:30 by ʼn kitskoswinkel in Circularweg in Port Elizabeth plaasgevind.

“Een man het ʼn bottel water versoek en terwyl die assistent die water gaan haal het, het hy ʼn vuurwapen uitgeruk en kontant geëis. Kontant is ook uit die kasregister gesteel,” het Naidu gesê.

Volgens haar is ʼn paniekknoppie geaktiveer en die drie het gevlug. “Beeldmateriaal wys hoe hulle in ʼn silwer VW Polo spring. Ná hulle die beeldmateriaal besigtig het, het die blitspatrollie en die honde-eenheid die voertuig gaan soek.”

Die voertuig is kort ná die voorval in Parlementstraat gewaar. “Die beamptes het die pad afgesper. Die verdagte voertuig is in Lawrenceweg in ʼn hoek gekeer en drie mense in hegtenis geneem.”

Volgens Naidu is van die gesteelde goedere en ʼn speelgoedvuurwapen in die voertuig aangetref.

Die verdagtes sal Maandag in die hof verskyn op aanklag van gewapende roof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Bok ·

Is die Falke nou die spesialis eenheid wat tansitorooftogte ondersoek?

pieter ·

Om n ondersoek te doen is die vereiste dat jy moet kan lees en skryf nou hoeveel van die blou bendes voldoen aan die kriteria?

JSG ·

Die lot blyk te voldoen aan die vereistes. Gelukkig kan ‘n klein persentasie darem lees. Ongelukkig doen dit nie veel om die polisie se reputasie te verhoog. Mooi so aan die eenhede wat sulke werk verrig. Kort ongelukkig meer van hulle.

Sputnik ·

So van “kan lees en skryf” gepraat, ek verkies nog maar om na Falcons in Afrikaans as Valke te verwys :-)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.