Drie brand dood in gru-botsing

Drie mense het in die ongeluk naby Oos-Londen doodgebrand.

Drie mense het verkool en nog twee mense is in ʼn bedenklike toestand, nadat ʼn motor en ʼn bakkie Donderdagoggend in Oos-Londen gebots het.

Unathi Bhinqosa, woordvoerder van die Oos-Kaapse departement van vervoer, het gesê die ongeluk het kort ná 08:00 vanoggend op die N2, naby die Komga-afdraai na Butterworth, gebeur.

Bhinqosa het gesê die motor het aan die brand geslaan en die drie insittendes het daarin doodgebrand.

Die twee mans in die bakkie is ernstig beseer. Hulle is van Butterworth. Die mans is na die Frere-hospitaal vir verdere behandeling geneem.

Die Komga-polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
Theresa

Liewe hemel – wat gaan aan op die paaie. Dis iets vreesliks

Adel

Dit is verskriklik, medelye aan hulle geliefdes. Net ñ vinnige vragie, net na 8uur in die oggend, maar dit is dan stik donker op die foto??

Dirk

Dit was my gedagte ook.Raak dit so laat lig daaikant..

Andre

Ek ry die pad gereeld. Die sperstrepe is ornamente en dit is die gevolg. Vreeslik jammer vir die onskuldige party vir een dwaas se optrede