Drie brandbestryders sterf: Name bekend

Foto: Twitter

Die name van die drie brandbestryders wat in Woensdag se brand in Johannesburg dood is, is bekend gemaak.

Funzela Ngobeni, ʼn lid van die burgemeesterskomitee, het die oorledenes as Simphiwe Moropane (28), Mduduzi Ndlovu (40) en Kathutshelo Muedi (37) geïdentifiseer.

Twee van die brandbestryders is dood terwyl hulle die brand geblus het en die ander brandbestryder is dood nadat hy van die gebou geval het.

Dié gebou in Pixley ka Isaka Semestraat (voorheen Sauerstraat) huisves die departement van gesondheid, die departement van menslike nedersettings en die Bank van Lisbon.

Jacob Mamabolo, Gautengse LUR vir infrastruktuurontwikkeling, het intussen gesê die provinsiale regering sal spoedig planne beraam om sy werknemers wat in die gebou werk te verskuif – binne die volgende “twee tot drie maande”.

Die brand is teen Donderdagaand weer geblus. Foto: Twitter

Brandbestryders kon die vlamme teen Woensdagaand in bedwang bring, maar dit het Donderdag in die vroeë oggendure weer opgevlam. Die brand was egter teen Donderdagaand weer geblus.

Mamabolo het gesê die provinsiale regering het al in Maart en Julie met verkrygingsprosesse begin. “Ons sal die proses probeer bespoedig, maar ook seker maak ons werknemers se veiligheid word nie in gedrang gebring nie. Juis daarom sal ons seker maak dat die geboue waarna hulle verskuif word aan veiligheid- en gesondheidstandaarde voldoen.”

Mamabolo het Woensdag erken die gebou, een van agt wat deur die regering in Johannesburg besit word, het slegs aan 21% van die veiligheidsregulasies voldoen.

Volgens Mamabolo is 1 115 werknemers veilig uit die gebou verwyder nadat dit aan die brand geslaan het. In dié stadium is die oorsaak van die brand nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Sdl ·

Ons harte en gebede is met die van gesin en familie. Dankie mag God julle troos in die moeilike tyd.

JosephW ·

Wanneer ‘n myn besoek word deur ‘n Staats Inpekteur en daar is ‘n kruisie op ‘n dokument en op ‘n ander soortgelyke document is ‘n regmerkie, word die hele myn gestop, “review all documents and train all people working with these documents” en dan moet daar ‘n voorlegging by hulle kantoorgedoen word oor ‘n week.
Hier kry hulle 21% maar kan aangaan soos normaal?

Gaan julle hier aksie neem teen die hoof van hierdie Staats department? Nee beslis nie, want hier werk ons mos met twee stelle reels.

My hart gaan uit na die families wat geliefdes verhoor het. Maak ‘n saak teen hulle, julle het ‘n baie goeie saak.

Sandy ·

Dit is die norm hier, die feit dat 21% veilig aanvaarbaar is om mense se lewens in gevaar te stel. Soveel meer lewens kon verlore gegaan het. Die werkers was bewus van die tekortkominge maar hulle het maar nog steeds opgedaag vir werk want dit is wat mens doen as jy afhanklik is van jou salaris. Jy vertrou maar die bestuur se lee beloftes vir beter werksomstandighede.

Ook dit het my meer verbaas dat so baie brandbestryders omgekom het. My vraag is is hulle dan nie reg opgelei nie? Ek is baie hartseer vir die naasbestaandes se verlies en wens hulle voorspoed toe.

marous ·

Verstaan ek reg . Gaan die werknemers nog vir twee tot drie maande in die gebou moet sit ??

bren ·

RIP en julle was braaf! Skuif daardie mense soos in pronto! goeie idee om hele JHB middestad en Hillbrow plat te sloop en te herbou! Skokkend wat daar aangaan! Ekt grootgeword en gewerk in middestad; alles is vervalle en geheel en al onveilig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.