Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het by ʼn verkeerslig sowat 500 m van die winkelsentrum se ingang gebeur. Volgens Mathe word daar vermoed dat die skietery met taxi-geweld verband hou.
“Een van die gewondes is glo ʼn omstander wat raakgeskiet is, terwyl die ander twee beseerdes vermoedelik taxi-eienaars is,” het Mathe gesê. “Die omstander wat geskiet is, is reeds per helikopter na ʼn Johannesburgse hospitaal geneem. Die ander twee beseerdes word steeds op die toneel behandel en sal per ambulans na ʼn hospitaal geneem word.”
Mathe het gesê minstens vier mense is op die toneel in hegtenis geneem en nog inhegtenisnemings word glo verwag.
Die polisie kon nie onmiddellik bereik word vir kommentaar nie.
Meer as 100 000 mense het Donderdag tydens die Mall of Africa se amptelike opening na die winkelsentrum gestroom. Klante het beweer dat verskeie motors die betrokke dag by die sentrum gesteel is, maar die sentrumbestuur het dit ontken en gesê die motors is buite die sentrum se perseel gesteel.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
10 Kommentare
Net nog n nuwe plek om te roof
Hoe puttig … hou aan winkel sentrums bou vir die mense om te kom koop met skuld … terwyl die nasie kla hulle het nie werk of blyplek nie!
Hulle moet meer winkelsentrums in voorheen benadeelde areas bou sodat almal naby ‘n winkelsentrum is
Net nog ‘n euwel wat misdaad gaan lok…
My man werk in Sunninghill. So week terug by die einste plek het taxis rondom hom afgetrek en die pad afgesper. Hy en ander motoriste was te midde taxi-geweld. Verskeie partye het mekaar met sambokke rondom die motors bygedam. My man was bang hulle begin op mekaar skiet en dat hy met geen uitgang in die middel van alles sou sit. Gelukkig het een taxi padgegee wat die verkeer weer kon laat vloei. Klink of hierdie stuk pad ‘n paar vyande het???!!!