Drie buitelanders by Beitbrug vas oor springstof

Die polisie het op onder meer springpatrone beslag gelê. (Foto: SA Polisie)

Twee mans en ʼn vrou is Woensdag in die vroeë oggendure by die Beitbrug-grenspos in Limpopo aangekeer nadat hulle glo onwettig in die besit van kommersiële springstof betrap is.

Weermaglede het die polisie ontbied nadat hulle die drie verdagtes, almal buitelanders, naby die weermag se basis opgemerk het. Die drie was van Zimbabwe na Suid-Afrika onderweg en het ʼn rugsak en twee reistasse by hulle gehad.

Die drie is na die Musina-polisiestasie geneem waar hulle bagasie deursoek en die springstof gevind is, sê brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder.

Lede van die polisie se springstofeenheid op die dorp het dit geïdentifiseer as ses rolle ontstekingskoord, 50 eenhede doppielonte en kabels, en 65 eenhede springpatrone.

Lt.genl. Thembi Hadebe, provinsiale polisiehoof, het die samewerking tussen die polisie en die weermag geloof.

Van die koord waarop die polisie beslag gelê het. (Foto: SA Polisie)

“Springstof soos dié is in die verlede al in OTM-aanvalle op sommige plekke in die provinsie gebruik en die inhegtenisneming van die verdagtes gaan moontlik die polisie help om dié soort misdaad hok te slaan,” sê Hadebe.

Die drie verdagtes, tussen 31 en 33 jaar oud, verskyn binnekort in die Musina-landdroshof op aanklagte van die onwettige besit en smokkel van springstof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Frederik C ·

Ek hoop die olisie kan die oorsprong van die plofstof vasstel.

Pieter ·

Gaan mos lekker hier in anc land betaal die weermag manne net twee honderd rand dan kan jy kom en gaan soos jy wil.

Pieter ·

Wat wou hulle gaan opblass het, of vir wie het hulle dit probeer in smokkel?
Dinge gebeur onder ons neuse, wees wakker

Perdeby ·

Sien die Polisie is nou Olisie… tyd gewees om hulle naam te verander.

Marius ·

As dit die geval is hoekom word daar dan so baie mense toegelaat om deur ons grense te beweeg ?

Di ·

Hierdie 3 is maar net ‘n druppel in die emmer van al die duisende wat daagliks oor die grensposte stroom! Danksy die korrupte grenspos beamptes is hier duisend onwettige immigrante wat kriminele dade pleeg en dit vir wat?? ‘n paar rand onder die tafel deur

Magda ·

Gooi hulle in di tronk FOR LIFE, en dan meen ek FOR LIFE. hulle hoort geen vryheid te geniet ni. NET HARDE ARBEID, LAAT HULLE MET KETTINGS DI LAND WAT HULLE WOU OPBLAAS SKOON HOU. WERK WERKEN WERK TOT HULLE DOOD NEERSLAAN. DIT SAL DI GEMORS N LES LEER. nie ons “tronk” gastehuise wat ons no tronke noem ni.

casper ·

So ja – Zambies vervaardigde springstof word in SA in gesmokkel end dan eers op pad Zim toe per ongeluk ontdek !!
Hoeveel van die produkte word nie vrylik in SA gebruik nie.
Geen myne in SA gebruik die spesifieke springstof nie.

Anton ·

Julle is darem lelik met hulle. Hulle kom soek net ‘n beter toekoms vir hulle en hul kindertjies hier in ons ou paradysie

Jr ·

Welkom na Suid Afrika land of opputunity. Withdraw money from ATM, we supply all necessary equipment

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.