Drie busse bots op N2

(Foto: IPSS)

Verskeie beseerdes moes Sondagoggend vanuit buswrakke bevry word nadat drie busse op die N2, noord van Durban, in KwaZulu-Natal in ʼn botsing betrokke was.

Voorlopige inligting dui daarop dat die busse politieke ondersteuners na ’n saamtrek in Durban vervoer het toe die botsing in die omgewing van Gingindlovu plaasgevind het.

Die presiese omstandighede van die voorval op die N2 is nie in die stadium bekend nie.

(Foto: IPSS)

Samantha Meyrick, woordvoerder van IPSS Medical Rescue, sê reddingspersoneel het vanoggend gespook om verskeie mense vanuit die wrakke te bevry voordat agt ernstig beseerde pasiënte, van wie een in ’n kritieke toestand, na hospitale geneem is.

Verskeie pasiënte met minder ernstige beserings word in die stadium nog op die toneel behandel.

Meyrick sê daar is tans verskeie ambulansdienste op die toneel om hulle te behandel.

Groot verkeersopeenhopings heers tans op die N2-suid.

(Foto: IPSS)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Misky ·

Ja, hulle word mos in massas aangery op belastingbetalers se onkoste

Vonkprop ·

En nog steeds leer niemand niks uit al hierdie voorvalle nie. Dit gaan oor om soveel mense as moontlik by byeenkomste te kry en veiligheid is die laaste ding op die agenda.

Aggie ·

Gaan die lisensies van die drywers deeglik na. Waarskynlik is almal s’n gekoop!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.