Drie by grenspos met springstof vasgetrek

Van die ware waarop beslag gelê is. Foto: Verskaf

Drie verdagtes is die afgelope naweek by die Beitbrug-grenspos in Limpopo in hegtenis geneem toe springstof in ʼn perdesleepwa in hul besit gevind is.

Kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die polisie het Saterdag ʼn klopjag by die grenspos uitgevoer waar ʼn vragmotor met ʼn perdesleepwa gestop en deursoek is.

“Toe die vragmotor geskandeer is, is ʼn besending verdagte voorwerpe in die sleepwa opgemerk,” het Ngoepe gesê.

Die polisie het benewens die voertuig beslag gelê op 750 ploftoestelle en verskeie kabels. Die springstof het ʼn geskatte straatwaarde van R300 000.

Die verdagtes, tussen 36 en 45 jaar oud, is by die grenspos in hegtenis geneem op aanklag van die besit van springstof.

Hulle moet binnekort in die Musina-landdroshof verskyn.

Die polisie ondersoek die oorsprong van die springstof en die vrag se eindbestemming.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

marous ·

Dis nie die eerste keer nie . Waarom gaan ondersoek hulle nie waar dit vandaan kom en wat die bestemming is nie ? Want hulle wil nie .

Oudste ·

Baie dankie vir die korrekte benaming, springstof en nie plofstof nie. Plofstof kry jy in ‘n baba se doeke.

Sterkstaan mense ·

Ek begin ook al lag en huil deurmekaar.
Die is nie ons oorlog. Werk net want nag kom.
Wonder of dit nie saam stembriewe afgelaai is?
En toe die pad hiernatoe vind heel oorspronklik.

Philip ·

Binnekort gaan die ontploffings weer begin….die keer swart teen swart

Grassie ·

Die berig meld nie of die vragmotor besig was om die land vanZimbabwe af binne te kom of op pad was Zim toe nie. Dit is nogal belangrik.

Onnie ·

Ek is oortuig die springstof word gebruik om transito geldwaens en ATMs op the blaas. Als vind hieronder ons polisie en regering se neuse plaas. Dis asof hulle kies om niks daaraan te doen nie. Meeste rooftogte en sommige plaasaanvalle word deur buitelanders uitgevoer. Tog ontvang ons hulle met ope arms in ons skole, hospitale en woonbuurte. Hulle betaal geen belasting nie. Hulle vlug van die chaos en wetteloosheid in hul eie lande – en bedank ons deur ons land ook deur hulle agter ent te trek. Mooi so! Een van die dae het niemand in Afrika meer n plek om na toe te vlug vir vrede nie – behalwe miskien 6 voet 6!

Nettie ·

Nou daar het julle jul bewyse: die talle KIT-rooftogte wat uitgevoer word, word deur die ANC georkestreer (bewys: een van diegene wat agter talle KIT-rooftogte na bewering sit, werk dan IN Luthuli-huis) en uitgevoer deur “ingevoerdes” wat springstof (LW: nie plofstof nie, die goed wat mens in babadoeke vind) in die land insmokkel. Dan werk hulle saam met ‘insiders’ binne-in die transito-maatskappye sodat hulle presíés weet watter voertuie watter roetes volg wanneer om wat (hoeveel) te gaan optel ….. en siedaar! “Insta cash, my bra”.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.