Drie by grenspos oor korrupsie aangekeer

Inhegtenisnemings by Lebombo-grenspos (12 November 2021) (Foto verskaf deur die Valke)

Drie verdagtes, tussen 36 en 41 jaar oud is Vrydag by die Lebombo-grenspos by Mosambiek in hegtenis geneem op aanklag van bedrog en korrupsie.

Die polisiebeampte, immigrasiebeampte en ʼn vroulike informele handelaar van Mosambiek is in hegtenis geneem deur lede van die Valke se eenheid wat ernstige korrupsie ondersoek en beamptes van die departement van binnelandse sake se teenkorrupsie-eenheid.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), sê misdaadintelligensie het inligting ontvang oor bewerings van bedrog en korrupsie deur immigrasiebeamptes by die Lebombo-grenspos. Hulle het glo tydelike verblyfpermitte en werkspermitte uitgereik en paspoorte gestempel om die verblyf te verleng vir onwettige immigrante van Mosambiek, Eswatini, Zimbabwe en Malawi.

“Daar is beweer dat ʼn immigrant bloot ʼn individu met hulle paspoorte en omkoopgeld na die immigrasiebeamptes by die Lebombo-grenspos kan stuur om gestempel te word.”

ʼn Intelligensie-gedrewe operasie is van Desember 2019 van stapel gestuur en is Vrydag afgehandel. “Die teikens is positief geïdentifiseer en is op heterdaad betrap. Inligting is versamel en ʼn ondersoek verbind die verdagtes met die misdaad. Lasbriewe is uitgereik vir hul inhegtenisneming. Twee beamptes is Vrydag in hegtenis geneem in die teenwoordigheid van minister Aaron Motsoaledi. Die drie persone is in aanhouding by Komatipoort-polisiestasie. Hulle sal na verwagting Maandag in die hof verskyn.”

Nog inhegtenisnemings sal moontlik volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Frank John ·

Ek dink dis maar ‘n druppel in die emmer maar beter as niks.

Casper ·

Net ‘n regstellings,Lebombo grenspos is tussen Sujd Afrika en Mosambiek en nie Eswatini nie.Ek het daai uniform vir 37 jaar gedra Vandag is ek met pension met ‘n skoon rekord en gewete en ek slaap rustig in die nag.

Sune van Heerden ·

Dagsê Casper

Ons vra om verskoning vir die fout. Die berig is gewysig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Parmantige samaritaan ·

2 jaar om n paar korruptes te vang. Belaglik!

Sarel ·

Arresteer die ” Klein ” vissies maar die Groot Babers word steeds beskerm

Tiptol ·

Blah blah blah bedrog, blah blah onbevoeg, blah korrupsie, blah blah moord, blah blah uitgestel……..

Deon ·

Jou kommentaar slaan die spyker op die kop, dit is presies die sjabloon vir die oorgrote meerderheid van alle sulke tipe sake deesdae…

Di ·

Wel gedaan maar daar is nog duisende van hulle wat op die grensposte werk. Dis te danke aan hierdie korrupte gemors wat ons land deur kriminele oorgeneem is!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.