Drie by inisiasieskool doodgeskiet

Argieffoto (Foto: Dingeman, Wikimedia Commons)

ʼn Taakspan is op die been gebring om die moord op drie mans by ʼn inisiasieskool in die Oos-Kaap te ondersoek.

Drie mans, tussen 19 en 20 jaar oud, is Saterdag dood aangetref in ʼn tradisionele inisiasiehut in Jojweni naby Tsomo. Al drie het verskeie skietwonde opgedoen.

Volgens kapt. Khaya Tonjeni, polisiewoordvoerder, is die drie jong mans Vrydag laatmiddag die laaste keer lewend gesien.

“Die polisie het ʼn 72-uur-aksieplan in werking gestel en ʼn taakspan saamgestel om die verdagte/s vas te trek.”

Drie sake van moord word ondersoek. Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om die ondersoekbeampte, kapt. Stephens Reeders, te kontak by 082 441 8602 of Stop Misdaad by 08600 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.