Drie by stempunt doodgeskiet

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Megan Swart/Maroela Media)

Drie verdagtes is laat Maandagaand deur die polisie doodgeskiet nadat hulle glo op die vlug geslaan het toe beamptes hulle by ʼn stempunt in Plessislaer, KwaZulu-Natal, genader het.

Die drie was glo in ʼn motor sonder nommerplate toe beamptes wat die gebied gepatrolleer het, hulle wou nader.

Volgens die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) het die mans op die vlug geslaan, maar skielik stilgehou en op die beamptes losgebrand.

“Die beamptes het teruggeskiet en twee van die verdagtes noodlottig gewond. Die ander man het te voet gevlug, maar steeds op die beamptes geskiet.”

Nadat die koeëlreën geëindig het, het die beamptes die gebied deursoek vir die oorblywende verdagte. Dié het glo in ʼn veld gevlug en is op die toneel dood verklaar.

Die beamptes het op twee vuurwapens beslag gelê.

“Ons weet nog nie waarom die verdagtes sonder nommerplate by die stemlokaal rondgehang het nie,” sê Opod.

Forensiese ondersoekers was tot Dinsdagoggend op die toneel en ondersoek die saak verder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

AW ·

Wel gedaan aan daardie Lede betrokke !!

Nou sal die wat die ondersoek moet doen, bepaal of ons sal uitvind , waarom Daardie mense, daar was met vuurwapens?

ES ·

Presies AW – dit is onwettig om jou eie vuurwapen aan jou te dra in ‘n stemlokaal, maar die manne skiet sommer op die polisie.

Harley Davidson ·

Hoekom sal jy weghardloop en dan stop en die polisie konfronteer,hiérdie tipe insidente herhaal hom gereeld maar ek het nie ‘n probleem daarmee nie ,dit maak dit nou duidelik hoekom Cele in sy pos bly.

Waarnemer ·

Drie stemme minder vir die regerende party….en indien Cyril verloor kan hy vinger wys na die polisie….

JM ·

Die Wilde Weste-manier is volgens sommiges die enigste manier. Sal nooit verander nie.

Anthony ·

Munisipale verkiesing. Kan ons president iets te se he hieroor asseblief. Kan hy verduidelik wie en hoe sekuriteit beplan was by die stemlokale VS nou wat gebeur na die tyd. “judge and juror” – dit kan al draaiboek raak vir n goeie fliek.

Zilla ·

“Ons weet nog nie waarom die verdagtes sonder nommerplate by die stemlokaal rondgehang het nie,” sê Opod. Ek het gedog maskers is verpligtend, nie nommerplate nie :)

Pietertjie ·

Afrika demokrasie. As jy nie van iets hou nie, panga of lem of skiet dit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.