Drie Chinese sterf in NW-ongeluk

Argieffoto

Argieffoto

Drie Chinese toeriste is dood en 15 beseer in ʼn ongeluk in Brits, Noordwes.

Derek Hanekom, minister van toerisme, het Vrydag gesê die bakkie het ‘n ander motor verbygesteek en teen die toeriste se minibus gebots. Die ongeluk het Woensdag plaasgevind. Die bestuurder van die bakkie is lig beseer.

Die toeriste was vir ʼn sesdag-uitstappie wat deur Walk Through Africa Tours gereël is. “Ons is werklik hartseer oor hierdie tragiese voorval,” het Hanekom in ‘n verklaring gesê.

“Namens die regering en die mense van Suid-Afrika wil ons ons innige meegevoel en simpatie betuig met die families en vriende van die oorledenes.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.