Drie mense is die afgelope 72 uur in die Netcare St. Augustine-hospitaal in Durban aan Covid-19 dood.
“Ons betuig ons innige meegevoel met die geliefdes van die oorledenes en bid vir hulle in hierdie tyd van groot verlies en hartseer,” het dr. Richard Friedland, uitvoerende hoof van die Netcare-groep, gesê.
Twee van die pasiënte is onderskeidelik op 9 Maart en 13 Maart in die hospitaal opgeneem en die derde pasiënt op 14 Maart. “Die pasiënte het nie onlangs internasionaal gereis nie en was ook nie in kontak met ʼn persoon wat positief vir Covid-19 getoets het nie. Hulle het ook geen simptome van Covid-19 getoon toe hulle getoets is tydens opname nie.”
Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het vroeër aangekondig ʼn 80-jarige man is Woensdag aan Covid-19 dood en ʼn 81-jarige vrou Donderdag. Hy het gesê hulle is in ʼn hospitaal in Durban dood.
Sihle Zikalala, premier van KwaZulu-Natal, het ook ʼn kort rukkie gelede aangekondig dat 11 gesondheidsorgwerkers by ʼn private hospitaal in die provinsie positief vir Covid-19 getoets het. Die premier wou nie die naam van die hospitaal bekend maak nie, maar dit blyk hy het na die Netcare St. Augustine-hospitaal verwys.
Volgens Friedland is alle gesondheids- en ondersteuningswerkers wat moontlik in kontak was met die pasiënte ook vir Covid-19 getoets. “Ons het onmiddellik verdere maatreëls getref, insluitend die sluiting van die noodgevalle-afdeling van die hospitaal en het alle nuwe opnames in die hospitaal gestop.”
Netcare het gister verder besluit om alle personeel, dokters, paramedici sowel as huidige pasiënte in die Netcare St. Augustine-hospitaal te toets vir Covid-19.
“Die sifting en toetsing sal die hospitaal in staat stel om enige pasiënte en hospitaalwerkers wat vermoedelik Covid-19 het of wat positief getoets het te isoleer, asook die opsporing van alle persone wat in kontak met die gesondheidsorgwerkers of pasiënte was om te verseker dat hulle getoets word en dat hulle die nodige voorsorgmaatreëls tref om die verspreiding van die infeksie te voorkom.”
Volgens Friedland sal personeel, dokters en kontrakwerkers steeds daagliks ondersoek word voordat hulle toegelaat word om die hospitaal binne te gaan.
“Die hospitaalbestuur is in tans in die proses om die situasie aan pasiënte wat in die hospitaal behandel word te verduidelik en om hul naasbestaandes te kontak om ook vir hulle die situasie te verduidelik en watter maatreëls gevolg gaan word.”
Die hospitaal het ook ʼn toegewyde 24 uur inligting- en ondersteuningsdiens ingestel.
Volgens Friedland is die hospitaal se bestuur konstant in kontak met die nasionale en provinsiale gesondheidsdepartement.
Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.
Ko.m ons bid vir al ons dokters veral ons GP en hul mense.Hul is op die voorgrond Wees veilig Bly tuis Die punt wys nog nie van die virus berg Die ontploffing kom Hou vas en bid
Dit is dalk nodig om lesers daarop te wys dat St. Augustine sorteer tussen die mees hoog aangeskrewe hospitale in die land. Dit is nie ‘n hierjy plek nie maar een van die bestes.
So as die 2 oumense nie agv die virus opgeneem is nie, dan het hulle dit in die hospitaal gekry, as dit die rede vir hulle dood is. Nou sluit die ongevslle, wasr moet mrnse in nood nou heen gaan? Of gaan dasr nou by alle hospitale slegs virusmense behandel eord? Wat van regtige noodgevalle? Soos ek vroeër al gesê het, meer mense gaan doodgaan van ander goef as aan die virus. Mense is histeries oor niks.
Anel
Eb vetstaln nie alyes wak jy pkobesr st niu.
Ag asseblief dis totaal ongebalanseeede beriggewing daar gaan elke dag vd jaar ou mense dood aan verskillende siektes hoekom tel julle nie ook elke hartpasient en diabetes lasient op maroelamesia nie
Sover ek verstaan is die epidemie tans Covid-19 en nie diabeter of hartsiektes nie. Dit is ook waaroor die berig gaan (Covid=19) en berigte daaroor is in elke koerant, op die radio en sosiale media en dit is wêreldwyd, nie net in Maroela media nie.
Want die virus is die pandemie, nie ander siekte toestande nie of is jy maar net kortsigtig??
Ek self is n suster, en as pasiente in n hospitaal die virus kry, beteken dit dat daar nie toepaslike maatreels gevolg is nie, dus swak verpleging!!