Drie dán weer in hof vir Sassa-bedrog

Die drie verdagtes (Foto: Verskaf)

Die drie verdagtes wat Maandag vlugtig in die landdroshof op Mbombela (Nelspruit) in Mpumalanga verskyn het in verband met ’n kuberaanval op die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (Sassa) se aanlyn stelsel, sal volgende Maandag (3 Augustus) weer in die hof verskyn.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, sê die saak is uitgestel vir die verifiëring van adresse en ʼn moontlike borgtogaansoek.

Die drie verdagtes, Matholeni Sydwell Masilela (40), Brian Mfundo Masina (28) en Moses Khumalo (36) staan tereg op aanklagte van korrupsie, bedrog, sameswering om ’n oortreding te pleeg en die oortreding van die Wet op Elektroniese Kommunikasie. Hulle sal in aanhouding bly tot hul volgende hofverskyning.

Maroela Media het vroeër berig Masilela, Masina en Khumalo is Vrydag in hegtenis geneem nadat hulle glo saamgesweer het om geld te steel deur by die Sassa-stelsel in te breek en toegang tot die organisasie se rekeninge vir begunstigdes te verkry.

Tydens die inhegtenisneming is daar beslag gelê op ’n elektroniese toestel wat gebruik word om inligting te bekom, ’n skootrekenaar, ’n skandeerder, Sassa-kaarte asook die voertuig van een van die verdagtes.

Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Cherokee ·

En oor drie of vier jaar, wanneer ons al vergeet het hiervan, sal ons hoor die saak word verhoor.

Stofdonkie ·

Hulle gaan nou vir so 5 jaar lank verhoor-afwagtend wees en daarna poste in die parlement en kabinet kry.

Kokerboom ·

MM asook andere doen uitstekende werk om die totale landsverrotting aan die kaak te stel.
Dit is so erg dat mens hard aan jouself moet werk om positief en gemotiveerd te bly.
Dis net ongelooflik dat die mense van kleur uiters kreatief is om bedrog te pleeg maar ABSOLUUT faal om die land te bestuur. Die sosio-ekonomiese verval asook ANC totale verrotting is groter pandemies as Covid. Dat ‘n klomp mense so intellektueel vlak kan wees om regte ding te doen gaan my verstand te bowe

ES ·

Kyk daai 3 gesiggies – hulle is nie beindruk dat hulle gevang is nie.

marius ·

Hulle gaan seker ook op spesiale verlof geplaas word . Hoe magteloos is ons nie teen die mees onderduimse mense ter wereld nie ?

Jakes ·

Dis n skande en wat dink die buitewereld hiervan? Dit hou net nooit op nie. Sal baie verbaas wees as hulle tronk toe gaa,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.