Drie deur ‘onbeheerbare’ skare doodgeslaan

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Drie vermeende misdadigers is Donderdag deur inwoners van Boschfontein, naby Schoemansdal in Mpumalanga, doodgeslaan voordat polisiebeamptes daarin kon slaag om ʼn vierde man van die woedende skare te red.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie is omstreeks 17:30 na die toneel ontbied, waar ʼn “onbeheerbare” groep inwoners besig was om vier mans aan te rand. Volgens Hlathi was drie van die mans met die polisie se aankoms op die toneel reeds dood.

“Die polisie het tussenbeide getree en het die vierde man van die inwoners gered. Hy is na ʼn plaaslike hospitaal gehaas,” het hy gesê. Volgens die inwoners was die vier mans verantwoordelik vir ʼn reeks misdade in die gebied.

“Die polisie veroordeel hierdie afskuwelike voorval ten sterkste en doen weereens ʼn beroep op die publiek om nie reg in eie hande te neem nie. Die korrekte prosedure vir die aanmelding van misdaad moet gevolg word. Boendoegeweld is ʼn oortreding van die wet, aangesien daar polisiebeamptes en howe is wat die vervolging van oortreders kan hanteer,” het Hlathi gesê.

Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die aanranding van die mans nie. Enigiemand met meer inligting word versoek om kapt. Busisiwe Kunene op 082 448 9521 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Netekke ·

Ek weet dit is nie wettig nie, dit is wreed ens. Maar ek dink almal is al g@tvol vir misdaad in hierdie land.

Rupert Ashford ·

En vir die feit dat die reg so saggies met hulle werk. More is hulle uit op borg om maar weer voort te gaan.

sam ·

wens die boere kan die elemente vang en hulle die selfde behandel.Soos hulle ander plaasboere wreed mishandle.

Jan ·

So skare maak my baie bang. Mense word net so doodgeslaan as hulle nie ANC stem nie, gay is, buitelanders is… enige iets waarmee die skare nie saamstem nie. Mens dink dalk die skare het die mans gegee wat hul toekom, maar dit kan net so maklik gebeur dat jy vir simpel redes so barbaars hanteer word.

Elsie ·

Nee wat almal besef al dat jy jou eie probleme moet oplos. Publiek moet hulle hotel verblyf betaal, uitgerekte hofsake, dokumente raak weg, nie genoeg bewyse teen hulle nie, hulle ontsnap, ens.ens… Een van die dae kry hulle nog ń toelaag as hulle uit is op parool! Nee wat, die 3 se saak is vinnig afgehandel en hulle saak is oor en uit. Baie beter!

Pop ·

Ek stem so saam. Volg die regte prosedure en more is hulle uit op borg om net mooitjies voort te gaan misdade pleeg. Regering vaal nie net ons nie maar hulle eie mense ook. Daai gebied gaan vir n lang tyd nie misdadige gebeure beleef nie nè.

Tolsie ·

Stem saam….samelewing moet maar inspring en die kwaad uithaal. Die misdaad neem net toe en Polisie se hande is vol.

wilma ·

Thumbs up vi die skare. Die wet werk te sag met misdadigers

Ettienne Swanepoel ·

Die korrekte kanale moet gevolg word met die aanmelding van misdaad? Bwhahaha. Hul maak seker n grap! As die kanale gewerk het, sou mense nie reg in eie hande geneem het nie. Dit is maar net weereens ń bewys dat die publiek geen vertroue meer in die polisie en regstelsel het nie.

wicus ·

100% reg wat hulle gedoen het .Ons is moeg vir sulke nonsense .

joubert ·

Die korrekte kanale werk lankal nie meer nie. Die mense is keelvol. Dink wat hulle aan n verkragter en moordenaar sal doen.

Jaco ·

Mense is gatvol en saps is useless. Dit is nog n understatement. So wie moet ons beskerm? die 1 of 2 bevoegte polisie beamptes wat hul werk doen kan nie die Hele SA beskerm nie. Druk n gewonde hond in n hoek en hy sal byt. En Dan jong klomp wat graag wil aansluit by SAPD word weg gewys oor hulle vel kleur. Die SAPD en ons land is op n helse afgrond af en sien nie n stop daarvoor nie.iewers gaan die af grond stop en daar gaan n groot ongeluk wees op daai einde. Maar ja wie gee om want verseker nie die klomp wat ons land moet regeer en moet beskerm nie.

Francis ·

as die polisie hul werk doen sal dit nie vir die publiek nodig wees om reg in eie hande te neem nie !Die skelm het regte ……en die slagoffers bly in tronke !!!!

Kobus ·

Niemand is inhegtenis geneem nie, maar sit hul lewendig in n doodskis dan maak die leberale media groot opskrifte daarvan. Veral as wit persone die oortreding begaan

Hoogtyd ·

Dit sal al hoe meer gebeur…alle “rasse” is keelvol vir die misdaad.
Lagwekkend om gemaan te word dat korrekte prosedure gevolg moet word….ons regstelsel faal sy volke…..

Anton ·

…is dit goeie nuus of slegte nuus…kies maar self…ek weet watter een ek kies…

Veritas ·

Ons moet daarteen waak dat ons nie te haastig oordeel nie. Goed, die bevolking is keelvol vir misdaad en ‘n onbeholpe regstelsel maar daar is ook ‘n groot moontlikheid dat onskuldige mense met hul lewens kan boet. Massa histerie laat die byniere oortyd werk en sekere gemeenskappe is geneig tot opsweping en diesulkes is boonop erg liggelowig. Kan my net indink hoe vreesbevange die slagoffers moes wees.

Conrad ·

Hulle IS NIE slagoffers nie! Die 4 e een het weggekom en hy gaan slagoffers maak.
Ons het nie n keuse nie. Die Bybel se n oog vir n oog. Dis pateties dat gemeenskappe dit moet doen want in hierdie land is nie behoorlike wetstoepassing nie.
Wreed, ja. Wat die misdadigers doen is erger!

Sê maar net ·

Veritas. Onskuldige mense boet elke dag met hulle lewens. So wat is nou eintlik jou punt?

Renette ·

Ek wat van die vrees van die mense wat aan geval of beroof of verkrag word. Jy en jou tipe moet bykom

humor ·

Maroela dankie vir die geleentheid. Baie doeltreffend, nou weet die hele land hoe die mense al voel. En die slapgattigheid van die polisie wat so n ernstige beroep op die korrekte prosedure doen, is verantwoordelik vir die toestand.

Alida ·

Mooi man! Nou wonder ek hoeveel van die skare gaan nou in hegtenis geneem word. Grap van die jaar. Hul familie moet hulle gaan haal en begrawe sodat die ander kan aangaan met hul lewens en die SAPD kan fokus op ander goed. Ek sien een leser wonder hoe vreesbevange hulle moes wees. Genade hoe bang dink jy sou hulle slagoffers nie gewees het nie.

Wouter ·

kobus.
hou op huil oor doodskis saak. dis hulle eie skuld .ein onnosel.

sien jy of die skare videos gemaak het met hulself duidelik te sien. v

Snoefie.
Die skare het niks gesien en gehoor toe die polisie op die toneel kom. wie gaan getuig. daar is geen foto’s of videos wat die skare inkrimineer nie.

Chris Ws ·

Dit is juis agv van die onvermoe van die polisie en howe dat mense begin reg in eie hande neem.As die minister van polisie net eenmaal sy ogies kan oopmaak en agtekom WAT gaan in die land aan sover dit misdaad betref kan daar dalk iets posetiefs uit vloei.Maar ek twyfel sterk dat dit sal gebeur so boendoe geregtigheid SAL toeneem.Sterkte aan misdadigers wat gevang word deur hul eie mense!Ek het geen simpatie vir hulle nie.

Stranger than Fiction ·

Eienaardig hoe die staat doodseker maak al hul feite is reg, as iemand aangekla word van “treason” en “doodseker” is die persoon is skuldig, in so n mate dat sekere mense al langer as 10 jaar verhoor afwagtend is, maar laat dit nou by sulke wetters kom, is daar nooit genoegsame bewyse nie, ek dink almal is al gatvol, die handjievol goeie saps lede wat hulself doodwerk, die gemeenskap, wit, swart ens. Wat het die saps gedink gaan gebeur, selfs die mense in informele nedersettings voel hul kla verniet, nie reg om iemand dood te maak nie, maar indien die outjies dit verdien,moet hul maar die pak slae vat wat na hul kant toe kom.

Nel ·

Ja en tot ‘boendoe geregtigheid’ nie meer net beperk is tot ‘eie mense’ nie… En wat dan?

Hennie ·

Die polisie was seker weer laat. As hulle betyds gereageer het sou hulle die kriminele gekry het voor die skare. Ook ‘n manier on die werk minder te maak . . .

dirk ·

so sien die volgende geslagte hoe ‘n “bosh-of’ werk in “Boschfontein” Ek vind dit walglik. die staat het mense gefaal en het bloed op hul hande

PMB ·

Die mense is moeg oor die laksheid van die landse wed’ s toepassers. Nou wil ons nog vir die boewe toelae gee as hulle uit die tronke kom? Hoe verkeerd klink dit? Genoeg is genoeg!!!!!!!

Gerrit ·

Die Boendoehowe is ook nie altyd reg nie.

So +- 2 maande gelede was `n motorfietsryer naby Oudtshoorn in `n ongeluk betrokke en ook ernstig beseer.

Die skare was so omgekrap oor die ongeluk, dat hulle die motorfietsryer wou aanrand. Hy is net betyds van die toneel af verwyder.

`n Mens kan nie die regstelsel oorgee aan ongeletterde persone wat nie eens die minimum vereiste van beskaafdheid onder die knie kan kry nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.