Drie deur weerlig gedood

Foto: Unsplash.com

’n 69-jarige vrou en twee kinders is dood nadat weerlig hul huis in Ofafa (Ixopo), KwaZulu-Natal, tydens ’n hewige donderstorm getref het.

Die vrou en twee kinders, 10 en 13 jaar oud, van dieselfde familie, is op slag dood. Nog ’n persoon is tydens die voorval Woensdagmiddag beseer en vir behandeling na ’n hospitaal gehaas, het Sipho Hlomuka, provinsiale LUR vir menslike nedersettings, gesê.

“Ons wil ons innige meegevoel met die familie van die slagoffers betuig. Ons het rampbestuurspanne aangewys om die nodige ondersteuning aan die familie te verskaf.”

KwaZulu-Natal ervaar steeds gure weerstoestande wat ’n gevaar vir menselewens inhou, aldus Hlomuka.

“Die gure weerstoestande wat dele van die provinsie Woensdag ervaar het, het daartoe gelei dat bome ontwortel is en infrastruktuur beskadig is. Rampbestuurspanne gaan voort om die omvang van die skade in die geraakte gebiede te bepaal.”

Hlomuka het ’n beroep op inwoners gedoen om ag te slaan op waarskuwings deur die Suid-Afrikaanse Weerdiens aangesien dié waarskuwings belangrike inligting verskaf wat lewens kan red.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Pieter9 ·

Ons hoor van hierdie gevalle gereeld; het die ANC regering nog nooit daaraan gedink om weerlig -afleiers in die hoë risko gebiede by die huise op te sit nie? Aan die anderkant, nie eers al die skole het toilet geriewe nie – dus is dit dalk te veel gevra.

Herman ·

‘n Voormalige MEC het beweer die weerlig is ook rassisties…

JANA ·

Laat hulle dit self opsit. Ons doen dit self. Gaan sit jy maar vir hulle n paar torings op.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.