Drie dokters gewond in aanval op hospitaal

Die vyf rowers het deur die palissade agter die Letaba-hospitaal op Tzaneen gebreek en toegeslaan op twee dokterswonings. Foto” Ruaan van Rooyen/Google Mpas

Vyf rowers het Donderdag omstreeks 03:30 op die dokterswonings van die Letaba-hospitaal op Tzaneen toegeslaan en drie dokters, onder wie ʼn egpaar, gewond.

Neil Shikhwambana, woordvoerder van Limpopo se departement van gesondheid, sê die rowers het toegang tot die dokterswonings verkry nadat hulle deur die palissade aan die agterkant van die hospitaal gebreek het. “Volgens ooggetuies was die vyf mans swaar gewapen.”

Hulle het by twee van die doktershuise ingebars en twee vroue- en een mansdokter geskiet. Twee van die dokters is ʼn egpaar wie se twee maande oue baba ongedeerd is, maar die baba se ma is ernstig gewond, sê Shikhwambana. “Sy moes ʼn noodoperasie ondergaan.”

Die ander twee gewonde dokters word ook in die Letaba-hospitaal behandel.

Shikhwambana sê hy kan nog nie sê presies hoeveel dokters ten tyde van die aanval in die huise op die hospitaalperseel was nie omdat heelparty toe aan diens was.

Die rowers, wat op die vlug geslaan het voordat die veiligheidswagte op die hospitaalperseel hulle kon aankeer, het weggekom met selfone, skootrekenaars en TV-stelle.

Die Letaba-hospitaal was in Julie ook in die nuus toe ʼn werknemer en ma van vier 15 keer deur haar lewensmaat met ʼn mes gesteek is terwyl sy in die hospitaal aan diens was, het die Johannesburgse dagblad The Citizen destyds berig.

Phophi Ramathuba, Limpopo se LUR vir gesondheid, het destyds die aanval veroordeel en gesê die departement sou probeer vasstel hoe die man met ʼn gevaarlike wapen by hom toegang tot die hospitaal verkry het. “Ons veiligheidstelsel is ontoereikend,” het sy aan die koerant gesê.

Kol. Moatshe Ngoepe, Limpopo-polisiewoordvoerder, wou Donderdagoggend nie telefoniese navrae oor die voorval beantwoord nie, maar het gesê hy werk aan ʼn verklaring wat hy onderneem het om binnekort uit te reik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Hanna Hoekom ·

En die nasionale gesondheidsplan gaan op ons afgeforseer word? Nie net stort staatshospitale in duie nie, dit het nou ook n veiligheidsrisiko geword! Ek kan nie sien hoe dit gaan werk nie. Dink net wat van ons oumense in landelike gebiede gaan word. Wat n skande!

Jane ·

En so neem die MISDAAD Toe en die polisie en die regering wil die PUBLIEK ontwapen . is dit nie IRONIES nie, hoe meer misdaad hoe harder probeer hulle om die publiek van hlle WETTIGE vuurwapens te ontneem. DOKTERS wat pasiente elke dag dokter word aangeval en verniel ?? Ek neem aan dit is met ONWETTIGE wapens .. swaar gewapen ?? Sjoe ons regering laat ons LIEDERLIK in die steek, dit is ‘n SKANDE> EK hoop die beseerdes herstel vinnig … ek voel so jammer vir julle!

Andre ·

En dan wil hulle wettige vuurwapen eienaars ontwapen en aanvoer selfverdediging is nie n rede om n wapen te besit nie.

bren ·

As oumense in landelike gebiede MEDIES het is hulle bevoorreg. Indien enige mens medies het is hul bevoorreg. Ek is doodseker as almal dieselfde medies regte kry sal dit opdateer word in staatshospitale.

Anoniem ·

Bren, as die hospitaal bestuur word deur bekwame en toegewyde personeel sal die diens in staatshospitale verbeter. Die nasionalisering van gesondheidsorg is geen waarborg dat dit sal beter gaan nie. Daar moet ontslae geraak word van kaders, en gekwalifiseerde persone met relevante ondervinding (ongeag velkleur) moet aangestel word.

Die nasionalisering van gesondheidsorg sal ‘n uittog van gekwalifiseerde mediese personeel veroorsaak – hulle is wêreldwyd in aanvraag. En wie help dan die pasiënte in die hospitale?

apie ·

Die bestaande hospitale in die staatsdiens is nie geskik vir enige mens nie. Dit is in ‘n toestand van wanorde en swak diens. Jy maak seker n grap. Gaan lê besoek af by enige een en jy sal skrik. As hulle ordentlik bestuur was sou dit kon werk, maar dit sal nooit gebeur nie. As jy dit kan bekostig , spandeer liewer geld op n hospitaalplan by n mediese fonds sodat jy in ‘n ordentlike hospitaal versorg kan word as iets met jou gebeur. Dit kos sowat R3000 per maand vir ‘n egpaar

Herman Goosen ·

Wetstoepassing word net nie toegepas nie, en daarom vind sulke gevalle in Suid Afrika plaas. Die toerusting sal waarskynlik vir ongeveer tien duisend dalk verkoop kan word. Drie lewens was dus vir hulle ongeveer R3 333.00 werd. ‘n Land waar geen waardes of respek bestaan of afgedwing word nie. Die verskil tussen ‘n eerste wereld en ‘n derde wereld is nie die hoeveelheid wanaangepaste mense in die gemeenskap nie, maar die land se wilskrag om die slegte elemente in die gemeenskap te onderdruk, of te verhoed om verdure wandade te pleeg.

Willie ·

RSA is in n baie groot panarie… en in die hande van vernieting… totale vernieting

Francois ·

Hierdie berug sal nou reg oor die wereld in die nuus en op TV wees.
Wat n skande vir SA en die ANC regering.
Weereens n bewys dat ons in n oorlog is.

Hopelik sal die wereld nou dinge hier ernstig opvat.

koos harmse ·

was die aanval andersom was dit vandag in groot letters in al die dagblaaie wereldwyd versprei.dit is hierdie tipe berigte wat die buiteland moet sien om te verstaan wat in RSA aan die gang is

Hennie ·

Dis normale toestand in ons mooi land wat vieslik bestuur en behoor word. Selfs Ramaphosa ontken dat dit aan die orde van die dag is, sy korrupte wyse om daaroor te lieg.

Nettie ·

En dan wil die ANC ‘n NHP op die been bring???

“Ons veiligheidstandaarde is onvoldoende” sê die Gesondheids-LUR Phophi Ramathuba. KOM BY, MNR/ME. RAMATHUBA – DIE HELE LAND IS ONDER DIE ANC-REGERING ONVOLDOENDE!!!!!

Uiltjie ·

Die misdadigers tart die gesag van die reg uit! Daar is meer onwettige wapens in die publiek as wettige wapens! Bekkie, waar is jy?

Herman P ·

SA burgers se veiligheid is totaal en al aan hulle self oorgelaat. Selfs polise moorde is van die hoogste ter wereld…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.