Drie dood, 1 beseer toe voertuie van voor bots

Foto: ER24

Drie mense is dood en een persoon het ernstige beserings opgedoen toe twee voertuie Sondag reg van voor op die Bleskoppad naby Photshaneng in Rustenburg gebots het.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het Sondagoggend vroeg gebeur en paramedici is net voor 06:00 na die ongelukstoneel ontbied.

“By paramedici se aankoms het hulle twee wrakke aangetref. Een van die voertuie het op sy dak gelê,” het Vermaak gesê. Twee mense het reeds aan hul beserings beswyk en daar was niks wat vir hulle gedoen kon word nie; hulle is dood verklaar.

Foto: ER24

Paramedici kon ʼn derde persoon aanvanklik weer bybring, maar hy het later ook op die toneel gesterf. ʼn Vierde persoon het ernstige beserings opgedoen en is deur ʼn ander ambulansdiens na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas.

Die oorsaak van die botsing word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ben ·

Hierdie ongeluk kon voorkom word. Let op die kleur van die voertuie. Op 120 Km per uur is grys voertuie onsigbaar.

Grys ·

Grys voertuie is onsigbaar?? Sesuur in die oggend sou beide motors se ligte aan gewees het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.