Drie dood, 13 beseer in trompop botsing

(Foto: Verskaf)

Drie mense is dood en 13 beseer toe ’n motor en bakkie Donderdag reg van voor op die R524 naby Tshakuma in Vhembe, Limpopo, gebots het.

Mike Maringa, provinsiale woordvoerder van die departement van vervoer, sê daar word gemeen dat die bestuurder van die motor roekeloos bestuur het waarna die voertuig reg van voor met ’n bakkie gebots het.

Drie mense, twee van hulle insittendes van die motor, is op die toneel dood verklaar.

Een persoon is ná die botsing in ’n kritieke toestand na die Tshilidzini-hospitaal in Thohoyandou gehaas terwyl 12 ander ligte beserings opgedoen het.

Dié botsing is een van verskeie die afgelope week in Limpopo. Mavhungu Lerule-Ramakhanya, LUR vir vervoer en gemeenskapsveiligheid, sê sy is bekommerd oor die toenemende aantal noodlottige ongelukke in die provinsie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

DieKriek ·

Ek kan nie mooi sien op die foto watter bakkie dit is nie maar as daar selfs 10 mense agterop was, was dit moontlik oorlaai (10 mense van gemiddeld 60 kg elk, baie konservatief, is klaar 600 kg). Ek het eenkeer n kleinerige vrag kitsgras op my halfton bakkie vervoer en dit het gevoel asof ek in n skip is op redelik onstuimige water. Die bakkie was hoogs onstabiel en enige skielike draai van die stuurwiel sou my omdop. Die arme mense op die oop bakkie het geen beskerming nie.

Johan ·

Ry in die reën, ry in die skemer of ry in die donker, ligte aansit is mos vir ander padgebruikers!! Toe ek eendag iemand vra hoekom ry hy in die donker sonder sy ligte was sy antwoord maar hy sien nog goed sonder ligte….

Casper ·

Kop aan kop botsing dui op roekelose bestuur van ten minste een van die bestuurders.Hoeveel pssasiers mag jy op ‘n bakkie laai.

Marilize ·

Is daar nie ‘n wet teen mense agterop ‘n bakkie nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.