Lt.kol. Mzukisi Fatyela, woordvoerder van die polisie, het gesê hulle is omstreeks 18:00 in kennis gestel van ʼn skietery. “Met ons aankoms op die toneel het ʼn man en twee vroue reeds aan hul wonde beswyk. Minstens 15 mense is beseer en is na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas vir behandeling.”
Volgens Fatyela is die motief vir die skietery nie in dié stadium bekend nie. “Niemand is nog in hegtenis geneem nie, maar die polisie volg inligting op. Ons is nie seker hoeveel skieters daar was nie, maar ons weet ʼn hoë-kaliber vuurwapen is gebruik.”
Fatyela het gesê die twee vroue wat dood is, was onderskeidelik 26 en 30 jaar oud. Die ouderdom van die man is nog nie bekend nie.
EN seker is of Verwoerd, Jan van Riebeeck, of apartheid verantwoordelik hiervoor!
Sterkte aan die familie..
SA is een groot oorlog sone.
Wow, dis nogal interessant dat ons in NZ NIKS hiervan deur die nuus media in kennis gestel is nie, maar nou in Duitsland waar 9 mense in dieselfde tipe skietery dood is word dit uitbasuin elke dekselse uur. Of daar nou 3 of 9 mense dood is in so skiet voorval , WAAROM kry RSA nie dekking nie???? Dit word seker deur oom Zero Understanding of Many Affairs onder die Nkandla matjie ingevee?