Drie dood, 17 beseer op N1 by Bloemfontein

(Foto: ER24)

Drie mense is dood en 17 ander beseer nadat drie voertuie Sondagaand op die N1 net buite Bloemfontein gebots het.

Russell Meiring, woordvoerder van ER24, sê paramedici is omstreeks 21:15 na die ongelukstoneel naby Curielaan in Pellissier ontbied. By hul aankoms was die provinsiale brandweerdienste reeds op die toneel.

“’n Taxi is langs die pad gevind waar dit deur ʼn muur gebars het, terwyl ʼn bakkie, wat in ligte laaie was, in die noodbaan gestaan het. ʼn Derde voertuig het ʼn ent weg van die bakkie af gestaan,” het Meiring gesê.

Paramedici het gevind dat drie mense, onder wie ʼn jong kind, reeds aan hul beserings beswyk het. Nog 17 mense het beserings opgedoen wat van gering tot ernstig gewissel het. “Hierdie pasiënte is op die toneel behandel voordat hulle na nabygeleë hospitale geneem is,” het Meiring gesê.

Die presiese oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Magda ·

Nog n TAxi betrokke – Wanneer gaan die EIENAARS verantwoordelik gehou word vir hulle werknemers – Taxi besigheid is ent soos enige besigheid – hoekom word hulle dan nie dieselfde behandel en hoekom word DIE EIENAARS NIE VERANTWOORDELIK GEHOU VIR HULLE WERKERS WAT SOOS PADVARKE RY NIE .

Gert van Wierdapark ·

Oorsaak van die ongeluk lyk voor die hand liggend = die voertuie het in mekaar vasgery/GEJAAG!

Andre ·

Bestaan daar nog Verkeers departmente almal is mos nou Polisie. Geen voertuie op paaie om oortreders vas te vat nie, net spoedlokvalle.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.