Drie dood, 2 kritiek ná vragmotor teen boom bots

Foto: Verskaf.

Drie mense is dood en twee ander ernstig beseer toe die vragmotor waarin hulle gereis het teen ʼn boom gebots en omgeslaan het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het Woensdagoggend op die N1 sowat 5 km buite Bloemfontein in die Vrystaat plaasgevind.

“Toe paramedici om 05:15 by die toneel opdaag, het hulle die vragmotor op sy dak aangetref. Dit het byna twee uur geduur om die beseerdes met meganiese toerusting uit die wrak te bevry,” het Meiring gesê.

ʼn Man, twee vroue en twee kinders was binne die vragmotor. Volgens Meiring is die seun glo agt jaar en die meisie 10 jaar oud. “Een vrou en albei kinders is op die toneel dood verklaar,” het Meiring gesê.

Die ander man en vrou het kritieke beserings opgedoen en is na die Pelonomi provinsiale hospitaal gehaas.

Die polisie ondersoek die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Eish ·

Wat soek passasiers in n vragmotor? Lyk of die bestuurder vir n wyle aan aandagafleibaarheid sindroom gely het.

Karma ·

@Eish, dalk het die man se vrou en kinders net saamgery. Maar ja, dit klink nie reg nie – vragmotorbestuurder, twee vroue en twee kinders in die vragmotor. Waar het almal gesit – die kinders was dalk agter in die “sleeping cabin”, die bestuurder en twee vroue voorin. Dit klink asof hier ‘n saamrygeleentheid gegee is en die bestuurder se aandag vir ‘n oomblik of wat afgetrek was – wel, tensy die boom natuurlik nou voor die vragmotor ingespring het ………..

SjN ·

Swaarvoertuie word deesdae gebruik as saamry geleentheid teen vergoeding aan die drywer, ry daagliks by hulle verby met plakkers op, geen passasiers, stop orals langs die pad, selfs tussen dorpe waar grondpad aansluitings is, sy aandag is beslis afgetrek deur iets en dit was nie die boom nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.