Drie dood, 3 beseer in trompop botsing

Die ongelukstoneel. Foto: Netcare 911

Drie mense is dood nadat twee motors Sondag reg van voor in Garsfontein in Pretoria gebots het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is omstreeks 16:20 na die ongelukstoneel op Solomon Mahlangu-rylaan ontbied. Daar het hulle die wrakke van die twee motors aangetref wat erg beskadig is in die ongeluk.

“Drie mense is op die toneel dood, terwyl drie ander mense ernstig beseer is. Hulle is op die toneel behandel voordat hulle deur verskillende ambulansdienste na hospitale gehaas is,” het Herbst gesê.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

Die ongelukstoneel. Foto: Netcare 911

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Salamander ·

Daai is ‘n vieslike pad, veral by die kruisings met Garstfontein en Atterbury weg.

elsa ·

Ek verstaan dis tussen St. Bernard en Delfi … afdraande met ‘n draai. Baie gevaarlike stukkie.

Pretoria Man ·

As ek na die wrakke kyk glo ek dat dit redelik is om te aanvaar dat een of meer voertuig gejaag het. Ek ken daardie stukkie pad. Beslis gevaarlik en sommige mense jaag soos maniake daar. Waar is die wetstoepassing?

Anoniem ·

Pretoria Man. Wetstoepassing begin by jouself. Ons kan nie altyd verwag daar moet een-of-ander-wetstoepasser in die omgewing wees nie.

Corne ·

Mense moet verantwoordelik begin bestuur, self wetstoepassing toepas.

Liberaal ·

Vryheid kom nie meer met verantwoordelikheid nie, die wat jaag het seker die vrye reg om dit te doen, ongeag die gevolge aldus liberale waardes. Liberale waardes sal die jaagduiwel beskerm.

Danie ·

Pretoria man het reg. In ‘n kop -aan-kop-botsing is een persoon in die regte baan en een persoon nie. Dit maak nie saak hoe goed jy die wet op jouself toepas nie. Dit neem net een persoon wat glad nie omgee daarvoor om ‘n ongeluk (baie keer noodlottig) te veroorsaak. Die half gebakte antwoorde van sommige wys dat daar nie juis diep nagedink is voordat ‘n antwoord gegee is nie. Sommige mense het toesing nodig om die wet na te kom. As die wetstoepassers nie daar is nie gaan hulle nie die wet nakom nie en ander se dood veroorsaak.

Jan ·

@Pretoria Man – Ek wil byvoeg dat baie ongelukke veroorsaak word deur mense wat kruip en drup op die pad. Ek ken nie daardie pad nie, maar ondervind dit elke dag dag dat die kruipende wesens op die pad veroorsaak opeenhopings en versperings. Waar van toepassing, as daar twee bane beskikbaar is, hoekom moet jy wat so kruip op die pad van die regter baan gebruik maak. Gaan kruip in die linkerbaan sodat die wat kan bestuur van die regterbaan gebruik maak.

Pretoria Man ·

PietM. Ek verstaan wat jy se. Probleem is dis nie net ek en jy wie die paaie gebruik nie. Sommige mense moet maar vasgevat word

Andre ·

Daar word persone aangestel om wetstoepassing te doen op paaie, sien jy hulle behalwe waar een oor n spoed apparaat loer en die res in die koelte sit. Niemand kyk meer na oortredings op die paaie nie. Dit is tyd dat die SAPolisie weer hulle werk doen as voorkomers en ondersoekers van misdaad en Metro weer verkeersbeamptes is wat rond beweeg op die paaie en die roekelose padgebruikerin toom hou.

marous ·

Pretria man is heeltemal reg . Daar is geen beheer van regerings kant om enigsins op te tree nie . Elke dag word gewone gehoorsame padgebruikers blootgestel aan pad varke wat geen respek het vir ander se lewens nie , en daar word niks aan gedoen nie !

Liberaal ·

Dit is ons liberale linkses wat die regering se bietjie wil wat daar nog sou wees om misdadigers vas te vat, se reg ontneem want vir ons liberaliste is oortreeders se regte so vreeslik belangrik.

BenaYaHU ·

Vir die wat nog twyfel of steeds nie begryp..
Geen staatsdiensfunksie (insluitende SAPS, SANW, Metropolisie, ens.) is daar vir die beskerming van die publiek – dit is daar om die Staat en sy trawante te beskerm en te beveilig.. Glo my nie .. doen dan eie navorsing en bewys dit aan jouself. Die bestaande “Stelsel” word onderhou/aangepas/afgedwing deur s.g. beleid & wetgewing, om te verseker die ‘publiek’ word deurgaans in toom gehou, en niks meer, niks verder..
Hulle is een en elkeen agente in diens van die Staat .. en NIE daar vir jou beskerming of veiligheid.. alhoewel daardie illusie voorgehou word.
Moenie my woord daarvoor vat.. die waarheid is openbaar vir die wat WIL sien.

Lou ·

Almal spekuleer oor wie verantwoordelik is vir wat en waar dit gebeur het. Kom ek spekuleur verder. Die blou voertuig lyk vir my soos ‘n Volkswagen Polo. Dit is ‘n baie gewilde motor onder die nuwe middelkklas en daar word gereeld gejaag of die duiwel self agter die stuur sit. K53 bestuurder opleiding is ‘n grap want niemand, maar niemand bestuur in die werklike lewe soos wat die stelsel jou leer nie. Vervalste en gekoopte bestuurder lisensies en algemene wetteloosheid dra alles by tot hierdie dodelike allegaartjie.

Hartseer ·

Lou, Ek ken die meisie wat oorlede is in die Blou Polo. Sy was verandwoordelik en weds gehoorsaam. Om te “spekuleer” dat daar “gejaag /of die duiwel self agter die stuur sit” is onvanpas. Net modat sy ‘n algemene voertuig bestuur het maak dit haar nie ‘n algemene bestuurder soos die res nie. Toon kleinbietjie simpatie vir die familie wat die kometaar moet lees. Mag jou famielie nooit hier deur gaan dat wild vreemde mense “spekuleer” nie

Janine ·

LOU: Ek ry al virdie laaste TWAALF JAAR my 1900 TDI Polo. Jy neem aan OMDAT dit Volkswagen is, eienaar het gejaag!!!!! KOM asb. BY in die lewe.

Innige simpatie aan diegene wat geraak word. Daar is werklik niks erger as om NIE daai kans te kry om te groet nie.

Chan ·

Stem saam met Alamander, dit is ‘n aaklige stukkie pad. Die meisie (bestuurder) van die VW Polo is oorlede in die ongeluk, vriende van my se dogter. RIV Monique, ons gaan jou baie mis. Sterkte aan haar ouers, suster en familie.

Jana ·

Ai, baie sterkte Chan en ook vir haar familie veral haar ouers. Ek bid dat die Here hulle sal vertroos.

Jana ·

Sjoe dis ‘n baie lelike ongeluk en ‘n baie gevaarlike pad. Dis klaar baie sleg dat mense dood is in die ongeluk, mens hoop net dat dit nie boonop iemand is wat jy dalk ken nie…

Theresa ·

Vreeslik tragies. Wat ookal die oorsake was, dis hartseer dat daar lewensverlies en beserings was! Omdat dit in Pretoria is, wil ek graag vra dat mense daar oplet na of die witlyne en sperstrepe baie duidelik geverf is. So ook als wat van Munisipale kant moet korrek wees. Mense moet dalk versigtiger bestuur, maar in Pretoria word die paaie GLAD nie goed onderhou nie. GEEN stopstreep by Rubenstein/Jaquesstr punt nie – onlangs ‘n baie ernstige ongeluk daar ook gewees. Let op na daardie dinge, asb. Ook moontlike potholes of padrandte wat weggery word deur taxis – wat kon veroorsaak het dat mense moes uitswaai. Daar rus ‘n verpligting op Stadsrade om paaie in goeie toestande te hou.

thelsa ·

Jaag en spoed kon nie die hoofoorsaak van die ongeluk gewees het nie maar ‘n bydraende faktor. ‘n Inspeksie ter plaatse toon duidelik dat dit ‘n enkelbaan is met SPERSTREPE – JA SPERSTREPE. Vir die onigeligtes – ‘n sperstreep is ‘n soliede ly in die middel van die pad geverf wat aandui vir motoriste (in albei rigtings) dat dit VERBODE is om ‘n ander voertuig verby te gaan.
Sperstrepe in ons land het ‘n betekenislose ding geword. Dit word geïgnoreer.
Sperstrepe is daar vir ‘n doel. Kop aan kop botsing . . enkelpad . . sperstrepe . .
Maak jou eie afleiding.

WIEBO ·

Ek werk n blok van die ongelukstoneel af. Daar moes woes gejaag gewees het. So n oop pad, sig is goed, mens ry 60 daar…………. As mens na die wrakke kyk, Moes daar gejaag gewees het. Iemand was onverantwoordelik. Jammer vir die families en alle sterkte.

Meisie ·

Sy was die oulikste en vriendelikste meisie, Mon, jy gaan gemiss word!

Sien jou eendag weer, rus in vrede vriendin!

Andrew ·

Solank as wat padsterftes as verskoning gebruik word om geld te maak, sal spoedoortredings al wees wat gedurig toegepas word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.